Waar is ek…

April 30, 2007

Oi oi.

As jy my 2 jaar terug gese het, ek sit vandag in die woestyn, het ek 10 teen 1 vir jou gelag. En nou doen ek. Dubai van alle plekke. Dié shopping mecca van die wêreld soos almal sê. Maar soos met elke land, het Dubai ook maar sy fact en fiction. Nou kom ek probeer verduidelik hoe dit regtig is die kant, sonder doekies omdraai. Dubai bestaan hoofsaaklik uit omtrent 30% locals, en die ander 70% is expats. Die locals is nou Arabiere. Die mans dra lang wit rokke en kopdoeke, terwyl die vrouens se kleredrag effens wissel. Sommige vroue se gesigte is altyd toe, en ander se oë steek weer effens uit. Dan is daar ook vrouens wat se hele gesig oop is onder die kopdoek, maar in al drie se gevalle bly hule hare altyd toe. Arabierse vroue se klere lyk almal eenders; swart kop-tot-toon rokke. Die res van die mense hier dra normale klere soos ek en jy dit ken. Solank ‘n vrou se rok of romp nie ver bokant haar knieg is nie, en haar skouers toe is, kan sy aantrek soos sy wil. Die enigste plek waar dit toelaatbaar is om so min as moontlik aan te hê, is by ‘n swembad. En ook net op die swembad se gronde. Anders, in die privaatheid van jou huis…

Die wêreld soos ek en jy hom ken, leef ietwat anders in vergelyking met die Midde Oosterse bvolking. Daar word van Arabierse vroue verwag om haarself uit die voete te maak sodra daar gaste kom. Dit is dan vir haar man om te besluit of sy mag aansluit by die groep, en of sy buite sig moet bly. ‘n Vrou loop hier langs haar man, en nie agter hom nie. Tensy sy natuurlik gewip is en uit haar eie uit besluit om agter hom te loop. Maar dis ‘n ander storie. En hou maar jou oë op die pad as jy besluit om te ry op die highway. As voetganger kan ‘n Arabierse vrou sonder enige waarskuwing skielik besluit om die pad te voet oor te steek, en behoede jou as jy haar moet stamp. Die oomblik wat jy ‘n ongeluk veroorsaak of in een betrokke is waar die ander party dood gaan, is jy in die sop. Bloedgeld betaal is dan jou voorland. Gewoonlik niks minder as R300 000 nie, en dis maar die kleingeld wat ek noem…

Om te kan drink is die kant net so storie. Jy doen aansoek vir ‘n alkohol lisensie deur jou werkgewer. Hier is bottel store maar dit word baie goed versteek, en belaglik duur. Anders kry jy een so twee ure buite Dubai. Op die paaie hier is dit Zero Tollerance. Ek wil nie in jou skoene staan as jy met dronkbestuur gevang word nie. Jy gaan tronk toe, kan jou lisensie verloor vir ‘n jaar, betaal ‘n boete en kan selfs gedeporteer word. En as jy gedink het Johannesburg se paaie en bestuurders is erg, You ain’t seen nothing yet. Die bestuurders hier is elkeen op hul eie mission, en hoe groter of duurder die voertuig, hoe onverantwoordeliker die bestuurder. Veral dié wat in Hummers ry, of as die vensters getint is. Nee wat, hulle ry jou sommer uit die pad uit..

Ons malls is baie nice. Die winkels is mooi binne, met die decor word daar moeite gedoen. Die badkamers is altyd netjies en skoon. Vir die rokers, jy sal jou uitstappie soveel meer hier kan geniet. Die meeste winkelsentrums laat jou toe om binne te rook. Daar is genoeg asbakkies en bankies om jouself op tuis te maak. Sover het ons al ‘n Debonairs, Milky Lane, Pizza Hut, KFC, McDonalds en Nando’s ontdek. Nou nie noodwendig almal oorspronklik van SA nie weet ek, maar dis lekker om die bekende te sien in die onbekende.

Die weer is baie anders as in SA. Omtrent end Oktober vroeg November koel dit af en Winter begin. Dit is ook dan wanneer dit bietjie reën hier. Baie min, en meestal net vir n paar minute op ‘n slag’. Die hitte begin weer van Februarie af optel, en dit raak by die dag warmer. Julie, Augustus en September is die plek op sy warmste, en almal bly binne.

Genoeg vir een dag dink ek. Met die volgende inskrywing sal ek n foto of twee bysit, en jou wys hoe dit hier lyk…

Toedels