Mans en hul gelykes…

Mei 6, 2007

Hoeveel diskriminasie gaan al vir eeue aan in die wêreld? Nee, nie politieke of rasse diskriminasie nie, maar die diskriminasie teen vroue. Steeds in werksplekke en in huishoudings. Daar word vanselfsprekend aanvaar dat die man die boodwinner is, en juis daarom moet hy ‘n beter salaris tjekkie elke maand huis toe vat as sy vroulike compadré wat net soveel of dalk meer insit as hy. Is dit dalk nie net om die manlike ego te beskerm en te streel dat ons dit nogsteeds verdra en aanvaar as afgehandel nie? Ek meen, gaan loer bietjie rond in jou familie en vriendekringe. Hoveel vrouens ken jy wat dieselfde of meer as haar man verdien? Nie eers ‘n hele 5 vingers vol nie, né?

Ek sit die een koue winter’s oggend met my koppie ‘chinno in die hand op die bank en luister East Coast Radio (KZN). Dit reën katte en honde buite. Vandag se vraag is of dit harder werk is om by die huis te wees, of in die kantoor. Die een ou bel toe en se hy is “huisvrou”, of kom ons noem hom sommer ‘n “househusband”. Nou die spesifieke ou bel toe en erken oppie lug net na 7 innie oggend hy is nou n househubby. Hoeveel mans en vrouens hul karre toe omgegooi het op daai nat paaie na daai hewige belydenis, kan ek net raai. Ek meen, dit sien ons net oppie tv en dis ook net in Amerika…

Hy het n paar maande terug sy werk gelos. Vroulief moes gaan hand uitsteek en sorg dat die rekeninge betaal word, kos oppie tafel kom, en die naweek expencess moes ook gecover word. Hulle kon nie terwyl hy gewerk het ‘n bediende bekostig om vir vroulief by die huis te help nie. Sy moes alles doen, en het amper op ‘n daaglikse basis gekerm en gekla oor hy nie net kan help skottelgoed was nie. Toe was sy redenasie, hy werk heeldag, en sy sit en niks doen nie. Hoekom moet hy dan moeg gewerk by die huis kom en help in en rondom die huis met sulke benullighede. Dis toe dat hy besluit om plekke te ruil met haar. Hubby bedank, en vroulief soek haastig werk. Saak opgelos, sy het dit toe. Die geld lyk oraait, maar is nie nastenby soveel soos manlief sn nie. Almal is gewillig om iewers te sny. Vroulief is in haar noppies. Sy trippel elke môre met ‘n smile daar uit. Skielik verskyn die skoon en gestrykte klere nie net in almal se kaste nie, die skottelgoed kan jy nie net in die asblik gooi, en nuwes verskyn in jou kas nie. Daai knoppie wat die hele huis in sekondes dust-free het, en boonop nog laat lekker ruik, kry hy nerens. Dis verskriklik. Daar is nie eers tyd om 9 putjies saam vriende te gaan speel nie. Dis skoonmaak, skoonmaak skoonmaak. Dan is dit nog die kinders ook. Een in die skool, en een by die huis. Sover hy skoonmaak, sover krap dolla om. Dan nog kos maak, want liefie werk hard en vedien ‘n heerlike bord gekookte kos. Alles verbrand. Vroulief kom tuis, dan is die kinders noggie gebad nie, die wasgoed lê nog van vanoggend af sopnat in die wasmasjien, en die oudste se huiswerk is nog nie eers aan geraak nie. So gaan dit toe aan…

Moeg gewerk by die huis, besluit hy om terug te gaan werk toe. Dis nie vir hom die huis skoonmaak nie. Seker die mees ondankbaarste werk, en dan nog geen tjekkie om te sê dankie nie. En net daar erken hy dis veel erger om huisvrou te moet wees, as om in ‘n airconditioned kantoor te gaan sit. Nou natuurlik wil vroulief boonop niks weet om weer by die huis te bly nie. Haar werk van 8 – 5 verskaf haar te veel plesier. Toe begin daai studio se telefone eers lui soos die househusbands een vir een hul stories vertel, en amper elke keen klink soos die eerste…

Nou vra ek wie dink jý werk die hardste. Iemand wat in n kantoor sit, of liefie in die huis? Bedank en waardeer jy op ‘n gereelde basis jou ega se harde werk om jou tuiste soos jou ‘n paleis te laat lyk? Ek twyfel. Kyk net hoeveel vreugde jy op ‘n vrou se gesig kan lees as jy by die deur instap met ‘n bossie blomme en ‘n boksie tjoklits. Jy maak haar dag. Glo my, ‘n ete uit met die kinders beteken baie, maar nie soveel soos ‘n spesiale geskenkie of ‘n romantiese gebaar nie. Ek hoop jy vang die skimp wat ek gooi…


Nog info oor Dubai

Mei 3, 2007

Ek is so bly ek het nie ‘n video gemaak van toe ek hier land nie. Alles was vir my so deurmekaar. Het jy geweet ons bestuur hier aan die verkeerde kant van die pad? Sodra jy jou kar se deur oopmaak, en jou stuurwiel is weg, panic jy eers ‘n sekonde of twee. Jy wil die polisie bel, maar dankie tog jy het nog nie hul nommer op jou sel gesit nie. Dan tref dit jou: Jy is by die passasier’s kant! Wel, die eerste paar weke gaan dit maar rof, want ons is gewoond aan hou links, steek regs verby. Nou hou ons regs, en steek links verby. Dis nogal ‘n aanpassing om skielik aan die anderkant van die pad te moet ry…

As jy en jou geliefde dorp toe gaan, wees maar versigtig met wat jy doen. ‘n Soentjie of drukkie kan jou in boeie kry as jy nie versigtig is nie. Alhoewel ek moet sê Dubai is nou nie so erg soos Sharjah en Ajman as dit kom by public affection nie. Dis seker oor hier so vreeslik baie expats hier is. Dit is ook heeltemal onwettig hier om saam te bly, seks te hê buite die huwelik, homosexuele gedrag te toon of om buite egtelike verhoudings te hê. Klink nice…

Moslems en varke sit nie langs dieselfde vuur nie. Ons kan darem vark hier koop in die winkels, maar in ‘n afgesonderde deel in die winkel waar moslems nie toegelaat word nie. Selfs Pork flavoured chips word in daai afgesonderde kamertjie weggesteek. Ons kry darem die Huisgenoot en Sarie, Flora botter, sunlight skottelgoedseep, All Gold tamatiesous en ‘n paar knorr produkte hier. Biltong en droëword darem ook, al is dat glad nie baie lekker nie. Seker nou nie almal Proudly SA nie, maar as ek dit in SA kon kry, en dis hier ook op die rakke dan waardeer ek dit like you won’t believe. Snaaks hoe mens geheg kan raak aan sekere produkte….

Die ander ding, as jy HIV of Vigs het, mag jy nie hier in die land in nie. Jy gaan vir bloedtoetse, wat verpligtend is, en as jy positief toets, pos hulle jou net daar en dan. Jy word aangehou, en op die eerste vliegtuig, bus of boot gesit op ‘n one way ticket. Hulle is baie streng hier met dit, en maak geen uitsonderings nie. Jy kan ook nie appeal as jy ‘n vals positief wys nie. Nogal bad dink ek, veral as jy skoon en onskuldig is.Die crime stats is baie laag. As jy vermoor of verkrag, kan jy die doodsvonnis opgelê word.

Die reëls en wette kan hier skielik verander, so dis wys om jou neus elke nou en dan in ‘n koerant te druk. Sover my kennis vandag strek, kan jy nie Citizenship kry nie, net resedensie. Jou resedensie verval ook die oomblik wat jy jou werk bedank. Jou nuwe werknemer moet dan weer aansoek doen vir jou. Deesdae kan jy darem huis koop hier, wat tot redelik onlangs nog nie moontlik was nie, maar dit gee jou nie citizenship nie…

En dan laastens, die lekker hier is ons betaal baie min vir broadband internet. 512 werk jou omtrent R400 uit ‘n maand. En daar is geen beperkinge op hoeveel jy kan download of upload nie. Die negatief van web geruik hier, is van die websites word geblok. Skype is een van die sites, en niemand kan verstaan hoekom nie. Die SP se verduideliking is dat Skype nie op ingeluister kan word nie, en dat daar dan slinkse planne kan beraam word wat Dubai en die res van die UAE kan benadeel. Ja hoor…

Anyway, laat ek vir eers groet. As julle kan dink aan nog goete om te vra, skree net! ‘n Lekker dag vir jou…