Ek is vandag ‘n hele £2,500,000 ryker as gisteroggend dié tyd. Nie met ‘n kompetisie waarvoor ek ingeskryf het nie, aikona, sommer net gelukkig gewees dat my email adres getrek is. Dis wat die mail se wat ek in die vroee oggend ure kry. Nou, al wat ek moet doen, is om die winning-, serial- en reference nommers te confirm met ‘n fax of oproep. O ja, moet ook nie die fooitjie vergeet wat ek moet betaal om die “processing of the prize money” te regverdig nie.
Met ons onlangs vakansie in NZ, byt die mal-gogga my en ek sit af na ‘n psychic toe. Lekker depressed oor ek dalk verantwoodelik kan wees dat ons op die einde van die dag gaan deport word SA toe aangesien die resident’s permits in ons gesteelde paspoorte was. Nou ja, ek sien toe die vrou, en luister met ‘n halwe oor na wat sy sê alles vir my in die volgende 6 maande gaan verander. Die good en bad…
Volgende jaar, omtrent Junie / Julie gaan ek ‘n baba hê. ‘n Dogtertjie met ligte haartjies en nie so blas vel soos ek nie. Ek weet nie of ek wil lag of huil nie. Ons gaan ook trek, omtrent September die jaar, na ‘n meer westerse plek as Dubai, dalk soos NZ of Aus sê sy. Net na die groot trek, gaan daar ‘n man in my lewe kom wat gaan maak dat ek weer die lewe gaan geniet. Sy glo die ou word op my pad gestuur, en al stel ek die trekkery uit, stel ek net “fate” uit. Dis glo iets wat ek nie sal kan verander nie. Sy stel voor dat ek nie ‘n affair met die man sal begin nie, want daar sal baie emotional abuse wees. Met finansies sien sy dinge gaan voor die wind, en ons moet kyk om ‘n plekkie te koop. Sy wens sy kan my wys wat sy sien. Dinge verander, my geluk draai en die beste deel van my lewe le nou voor. Ek gaan terug kyk en se as ek net geweet het dinge gaan so goed afloop vir my. As sy my net kon wys…
Ek kry ook elke week ‘n mail of twee van ‘n Sarah Freder af, ‘n ander psychic. Nou kyk, in my lewe het ek nog nooit iemand gesien wat so spek skiet soos die girl nie hoor. Hoekom ek nog nooit die vrou se mails geblok het nie, gaan my verstand te bowe. Seker oor ek wil sien tot watter uiterstes die vrou sal gaan om jou te maak glo. Volgens Sarah is ek ‘n baie spesiale mens. Soos sy sê, ‘n “supra-celestial being”. Sodra ek vir haar geld stuur, leer sy my al haar tegnieke, want sy is oud en moet iemand he om haar op te volg. Nou, ek voldoen aan haar vereistes. Ek is spesiaal, en my geval is baie anders as die ander mense met wie sy te doene gehad het. Ek kry selfs ‘n paar dae met voorspellings, sonder dat ek daarvoor hoef te betaal. Dis net geld, geld en nogmaals geld wat my kant toe kom. Ek gaan skatryk word, sonder enige worries ooit weer oor finansiele stabiliteit. Blah, blah, blah
Gister sit ek en google die “celestial beings”, en sien ‘n paar ander mense se briewe wat (behalwe vir die naam bo-aan) woordeliks omtrent ooreenstem met my voorspellings. Nou is ek nie meer so uniek nie, want ander is dan net so spesiaal. Toe begin ek wonder, met die voorspellings van mense soos Sarah wat jou geld belowe as jy vir haar luister, en daar pop ‘n paar weke later ‘n mail in jou inbox op wat se jy het nou net derduisende ponde gewen. Is daar ‘n link tussen die twee? Sit sy nie dalk agter die hele mail besigheid nie? Is dit nie dalk hul manier van opperate nie? Jy word geld beloof, twyfel eers, en dan die mail wat se jy is een van drie wat getrek is en defnitief ‘n groot som geld wen. Val jy vir dit? Ek doen nie, never, maar ander mense wat so desperaat is vir ‘n bietjie geluk drink dit in soos jy jou nie eers kan imagine nie.
Kan google of msn nie help sites soos die van die net afkry nie? Moet miljoene mense eers afgerip word voor hulle aangekeer sal word. Nou ja, ek sit nou hier, in presies dieselfde finansiele posisie as gister, waarin ek ook volgende week, maand en jaar sal wees…
Mwah
Bygedra deur Dolfie 

Bygedra deur Dolfie
Bygedra deur Dolfie 
