Cherry Coke en Dr Pepper

Julie 22, 2007

Oi oi. Hier is foto van Coke wat ek laas gesien het toe ek omtrent so 11 jaar oud was. Cherry Coke. Ek het gehoor dit was van die mark afgehaal, maar as dit dan van die mark af gehaal is, hoekom kry ek dit hier te koop? Vir die van julle wat van Cherry Coke gehou het, julle kan maar settle vir Dr Pepper, dit proe dieselfde…

 


Keag bifdy vir die 6de keer…

Julie 17, 2007

 

Gister was Keag se 6de verjaarsdag. Hy het al sy PSP verlede maand gekry om hom deur die boring vakanise te help, so toe las ons 3 games en ‘n cover vir die PSP by om sy smile nog breër te maak. Nodeloos om te sê, ons kom hom glad nie weg kry voor daai ding die heel dag lank nie. Nie eers met die koek eet nie. Ek het vroeg more al vir hulle die sweeties pakkies gegee, net om die dag meer spesiaal te maak. Die huis het met tye gelyk asof hier n storm deur is soos die papiere en lekkers gestrooi gele het, maar ek kon nie raas nie. My pa het immers vir Boeta gese hy kan vandag so bietjie stout wees, hy is seker mamma sal nie raas nie. Nou hoe dan gemaak, ek gehoorsaam maar. Mamma en Dadda is baie lief vir jou Keag, en ons hoop jou daggie was baie lekker…

 

My hart is gewoonlik seer op verjaarsdae. Veral omdat mense net een keer ‘n jaar regtig aandag aan een person gee, maar die res van die jaar is jy vergete en net nog ‘n siel op die aarde. Nee wat, ek probeer regtig baie hard om mense gereeld te bel (al kos dit eventually tog ‘n plaas se prys omdat ek al een is wat bel). Al is dit meestal net ‘n email om te hoor wat is nuus, waste nuwe verwikkelinge daar is, en om te hoor waarmee ek kan help. Veral met verjaarsdae wil ek sommige mense se oproepe net ignoreer. Daai mense wat bel om te se happy happy, maar eintlik nie juis veel van n saak het met jou nie. Die mense wat nie bel omdat hulle wil nie, maar oor hulle voel hulle moet. Asseblief, as jy nie jou “beste wense” bedoel nie, spaar jou geld, tyd en die moeite om te bel…

Mwah

PS: Ek het die ander dag vertel van die Monster Munch chips wat ons mos hierdie kant kry. Hier is ‘n foto. Die Cherry Coke blikkie se foto is ook oppad…


Romanse in die lug, na ek nog n skroef verloor…

Julie 14, 2007

My Vrydag het baie lekker begin. Liefie staan op en bring vir my ontbyt innie bed. Oh, dit was heerlik gewees. Sulke snaakse wors, eiers en toast. Kyarha het gesien haar pa bring die skinkbord boontoe, en trippel toe agterna om uit ma se bord te kom eet. Haar favourite is om te deel. Nou ja, ons wil dorp toe om vir Keag ‘n bifdy skenkie te gaan koop, en dinge loop nie volgens plan nie. Die kinders krap om waar ons nou net opgeruim het, en my sigarette raak weg. Woeps, daar blaas my top. So min as wat ek weet van vliegtuig bestuur, so min weet ek van kar bestuur af, maar dit skrik my nie af nie. Klim innie kar, steek n siggie aan en start. Oops, nou kan ek nie onthou watter pedaal is PETROL en watter een BRIEK nie. Oh well, dan los ek maar eers die handbriek op, en los die ratte uit, en trap een om te hoor watter een laat die kar rev. Dit uitgesorteer, met adrenalien wat hoog loop, is ek innie pad en ry. Toe kom sit die duiwel op my skouer en vra, nou watter kant van die pad moet jy nou weer ry? Ek is so toe soos ‘n boek, want ek kom naby ‘n draai, en as daar n kar van voor kom en ek is aan die verkeerde kant van die pad, is ek innie stront. Dis nog in die kompleks, en ek besluit toe om eerder nie met my kennis alleen uit te gaan op die pad buite die kompleks nie, en ry toe ompad na die hoofhek se kant toe, en gaan sit by die swembad. Hehe, nogal nice gestop innie parkering, tussen die lyne. Liefie sou trots wees as hy dit kon sien, lol. Nou ja, amper ‘n uur later en n n hele paar sigarette gerook, pak ek die pad aan terug huis toe. Alles loop goed af tot ek stop voor die huis. Ek sluit die kar af, en klim uit. O dinges, en daar begin die kar reverse, en ek sien die pad onder my beweeg. Dis die vinnigste wat ek n handbriek optrek en n kar in park sit! Nou kyk, nou is my bene jelly, en my gesiggie wit geskrik. Ek ry dan so mooi die heelpad, en by die huis maak ek amper groot marakkas…

Met al die dinge agter die rug, en ure se gesels later, stel Willem toe voor om Bobotie te maak vir ons. Ek mag nie help nie, is sy instruksies, moet net rustig sit op die bank en tv kyk. (Seker sodat ek nie naby die kar se sleutels moet kom nie, hehehe) Ek gee net raad, en se hoe om te maak met watter mates, en wat beteken dit om in te vou en so aan. Dinge lyk goed, en die kos ruik lekker, so my eerste happie van bobotie ooit behoort aangenaam te wees, dink ek. Nou ja, die tyd loop toe, en die kos is klaar. Very nicely done my engel, dit was heerlik! Ek kry sommer 2nds. Hier is n pic van sy eerste resep …

Na ‘n baie lekker ete, gaan Willem boontoe en se ek mag nie nou opkom kamer toe nie. ‘n Rukkie later roep hy en se ek mag maar opkom boontoe. Soos ek met die trappe op stap kamer toe, ruik ek die lekkerste reuk, maar kan niks sien nie. Dis donker bo in die kamer. Die badkamer se deur is toe, en toe ek daar ingaan sien ek die mooiste prentjie. My man dink mos om’n kers aan te steek is die beste wat ‘n man van sy kant af kan doen om romanties te wees, so dit wat ek sien slaan my asem weg. Daar is kerse om die bad se rand, rooi rose, ‘n boks tjoklits, badwater gegeur met olies en dan roos blare gestrooi in die bad. Hy het die hi-fi onder kom haal in die sitkamer en opgedra boontoe. Die mees romantiese musiek speel, en ek lê te lekker en ontspan. Ek word ook bederf in die bad met n Piesang smoothie, Willem se eie resep nogal. Ek kry ook ‘n “facial”, en wens die horlosie wil stadiger tik-tik-tik.

My man, well done! Ek lief jou tone, en waardeer jou moeite…


My drome freak my uit…

Julie 12, 2007

Vandag is weer een van daai dae. My hormone beheer my weer helemal. Ek het nie juis beheer oor wat ek wil voel nie, want die snaakse dinge waaraan ek pobeer dink om op te cheer, lyk skielik net nie meer snaaks nie. Ek is een van daais wat dit net nie kan handle om myself toe te laat om bietjie net te let go nie.Die sluise oop te draai nie. Ek weet nie hoekom nie…

Die afgelope paar dae het ek die grootste begeerte om weer ‘n keer ma te word. Ek wil so graag weer ‘n bondeltjie vashou wat myne is, iemand wat totaal en al afhanklik is van my. Daai kleine lyfie teen my te kan vasdruk as ek in die aande regop sit en net nie kan slaap nie. Ek het die ander aand so ‘n droom gehad weer wat ek ‘n baba van my eie vashou. Ek was nie swanger nie, het net skielik die kleine bondeltjie met die pienke voetertjies styf vasgehou en geweet dis myne…

Nou nie dat ek kan se al my drome word waar of gaan wel so gebeur nie, maar ek het al drome gehad wat ek onthou jare later as ek in n winkel rondloop en iets gebeur, of as mense iets se dan onthou ek skielik “ek weet van die, ek het dit al ervaar”. Dis scary, en alhoewel ek nooit die details onthou nie, weet ek net ek was al hier. Die ander ding van drome wat my net so uitfreak, is as ek met n ander person praat oor n droom, en hulle het ‘n soortgelyke droom gehad. Gewoonlik ‘n aand voor myne, of na myne, soms sommer op daai selle aand as myne, dan kan ek die hoedervleis net nie keer nie. Het dit al gehad met my man, my stiefma en die laaste was die afgelope paar dae met n blogger vriendin. Dieselfde scenario omtrent. Freaky met ‘n hoofletter F!

Nou kyk, Psychic is ek glad nie. Ek het soms die weird gevoel dat ek dinge kan aanvoel voor dit nog regtig gebeur. ‘n Hele paar ongelukke het ek al vermy deur te se ons moet eerder net stadiger ry, iets voel net nie cosher nie. En Voila, op ons pad gebeur daar ‘n ongeluk net voor ons. Die jongste voorval was ‘n paar maande terug, oppad mall toe die aand. En dit vat aan my, die dat ek nie kan sê hoe ek geweet het nie. Dit los my deurmekaar, en ek like dit niks. Ek hat daai gevoel van buite beheer wees van wat ek ervaar, deurgaan of wat om my gebeur. Ek en my niggie het daai weird konneksie. Ons bel mekaar bitter min, maar sodra die ene in kraam is, weet die ander een onbewustelik, en kry net daai gevoel om te bel. Dan is een van ons either in kraam, oppad hospital toe of die baba is n paar minute terug gebore. En NEE, ons het nie by ander familie gehoor van dit en toe besluit om te bel nie. Soos ek sê, ons weet net…

Nou ja, laat ek gaan en verder met myself redeneeer…

Mwah


‘n Lekker Hoender resep…

Julie 7, 2007

GEBAKTE GESTOPTE HOENDER


2,7 tot 3,5 kg hoender
½ koppie gesmelte botter
1 koppie stopsel (na smaak)
1 koppie ongekookte popcorn
sout en peper

Voorverhit oond tot 180°C. Smeer hoender goed met gesmelte botter, sout en peper. Vul hoender met stopsel en popcorn. Plaas in oondpan met nek na voorkant van oond.


Luister vir pop geluide…..!


Wanneer die hoender se gat ontplof, die oonddeur oopskiet en die hoender met ‘n moerse spoed deur die lug vlieg, kan jy weet die hoender is gaar!!

Gedink ek weet niks van kook nie, nè?


2007 Pasta Diet. Werk soos n bom…

Julie 5, 2007

Brand New 2007 Pasta Diet That Really Works!

The Pasta Diet and Your Health


ITALIAN PASTA DIET — IT REALLY WORKS!!


1. You walka pasta da bakery.

2. You walka pasta da candy store.

3. You walka pasta da Ice Cream shop.

4. You walka pasta da table and fridge.

You willa losea da weight!

AND…

CONCERNED ABOUT TOO MANY CARBS IN YOUR DIET?

For those of you who watch what you eat,
here’s the final word on nutrition and health.
It’s a relief to know the truth
after all ! those conflicting
nutritional studies.

1. The Japanese eat very little fat
and suffer fewer heart attacks than
Americans.

2. The Mexicans eat a lot of fat
and suffer fewer heart attacks than Americans.

3. The Chinese drink very little red wine
and suffer fewer heart attacks than Americans.

4. The Italians drink a lot of red wine
and suffer fewer heart attacks than Americans.

5. The Germans drink a lot of beers and eat lots of sausages and fats
and suffer fewer heart attacks than Americans.

CONCLUSION

Eat and drink what you like.
Speaking English is apparently what kills you!

…..SO NOU PRAAT ONS NET AFRIKAANS !!!!!!