Spookers…

Augustus 28, 2007

As jy gedink het jy is bang, het jy my en my wederhelf noggie gesien nie. Ons is seker die bangste couple innie wêreld. So rukkie terug, met ons vakansie in NZ, besluit ons die een aand om die kiddies by skoonsus te los. Nie ver van Auckland af nie, is ‘n verlate hospitaal, Kingseat, wat omskep is in ‘n spookhuis. Vroeër die dag ry ons gou uit soontoe om te gaan kyk waar die plek is, en kry dit sommer maklik. Die plek lyk gn niks scary nie, maar die donker vertel gewoonlik n ander ding. Nou ja, vol moed, en gewapen met ‘n torch, trek ons toe die aand weg by die huis.

Die pad soontoe is stil, en hoe verder ons ry, hoe donkerder raak dit. Straatligte is nerens meer te bespeur nie. Ons gesels maar min, en ek hou myself maar besig terwyl die kilometers eintlik te vinnig na my sin verby vlieg. ;) Na ‘n draai, lê die plek se ingang toe voor ons. Die plek lyk nie meer so vreedsaam soos voeer die dag nie. Ek kyk maar voor my, want ek is seker as ek my kop in Willem se rigting draai en hy sien my gesiggie, dan draai ons net daar om en gaan eet McDonalds. Daar is nie juis bordjies wat se waarheen om te ry nie. Na ‘n rukkie sien ons polisie ligte voor innie pad. Die polisieman staan met een van daai neon liggies en wys vir jou om stil te hou, en dit lyk of die plek afgebaken is. Nou begin scenes uit rillers voor my flits. (Ek is mos met ‘n helse nice verbeelding geseen) Half verlig en half disappointed lig die ou ons in dat ons net moet parkering kry, doer iewers aan ons linkerkant, dan kan ons ingaan. Ek sit met ‘n helse smile op my gesig, en dissie van blydskap nie, dis van bang wees. Gewapen met ons tydelike paspoorte, loop ons na die ingang toe. Net gou eers ‘n sigaretjie rook, dan kan ons ingaan…

Bozhoooooooo!!!!”hoor ek skielik hier naby my, en ek sluk amper daai sigaret in. Daar kom ‘n ou in ons rigting getrippel. Bozhooooooo brul die kettingsaag in sy hande. Hy lyk soos ‘n real-life version van Frankenstein. Hare deurmekaar, ‘n one-piece overall aan en dan daai bloeddorstige uitdrukking op sy bakkies. Skoonsus het my gewarsku voor die tyd, as jy bang lyk, dan pik hulle net meer op jou, so ek staan stil en maak of ek te lekker rook, asof my bene nie jellyrig is nie. Franky swaai daai saag ‘n paar keer millimeters van ons af, maar staan soos ‘n standbeeld, die staan ek. Sy opvolger, ‘n mannetjie met net sulke deurmekaar hare en ‘n sperwitte gesig loop to by jou en swaai ‘n mes gevaarlik rond. Nou kyk, die ou lyk glad nie lekker in sy kop nie, maar tog is hy glad nie scary na my sin nie. Ons gaan toe in, en koop ons kaartjies. Vir eers net twee attractions sê ek, net vir veiligheidshalwe. Netnou maak ek nie eers die een klaar nie…

Ons gaan staan in die rye. Voor ons staan so groep Sjinese, ‘n mengsel van mans en vrouens. Soos jy jou kaartjies gekoop het, so gaan jy in, en ek en hubby gaan met dié een op ons eie genade oorgelaat word. Die ry word korter, en die groep voor ons gaan in. Nou kyk, daar waar ons staan kan mens nie sien wat vorentoe aangaan nie. Dis pikdonker, met rook, goete wat vannie dag afhang, en die aakligste geluide. Terwyl jy staan en jou beurt afwag, is daar orals waarskuwings van wat jy mag en nie mag doen nie, soos jy slaan nie die “spook” as jy skrik nie, en gaan PP voor jy ingaan. My oog vang toe ‘n berig wat glo in die koerant verskyn het. Een person is glo na so trippie deur dié huis in ‘n mental institution opgeneem. My senuwees is omtrent klaar toe ek ‘n paar lede van die groep wat nou net in is, skielik sien uitgehardloop kom. Die een vrou omtrent in trane. Nou bokspring die hartjie van my lekker. Nou wag ons vir die “bouncer” om vir ons te se ons kan maar ingaan. Elke nou en dan kyk ek in sy rigting, net om te sien hy staar nogsteeds na my, sonder om sy weird oge te knip. Hy het contacts in, en die contacts laat hom nog erger lyk. Sy kop lyk of dit so half oopgebars is, met dele van sy brein wat uitsteek en oor die regterkant van sy gesig uithang. Die ou maak my al hoe meer ongemaklik voel, en ek dink hy sien dit, en dis hoekom hy aanhou staar.Hy praat nie, knip amper nie ‘n oog nie, maar kyk stip na my. Die ou freak my behoorlik uit, en ek is noggie eers innie huis nie! Na wat soos ‘n ewigheid voel, sê hy ons kan ingaan…

Iewers aan ons regterkant is daar ‘n klomp dromme op mekaar gestapel, en ons gaan daar in. ‘n Paar tree in die kamer in, hoor ek die helse slag hier agter my, en in die omkyk trek die stembande toe onwillekeurig weg en desibels wat jy nog net oor n mikrofoon kon bykom, weergalm in die donkerte.Ek skrik skoon vir myself! Dit lyk asof die dromme waarby ek nou net verbygeloop het, op my gaan val. Besig om my asem terug te kry en my hart in my keel af te sluk, spring daar ‘n mannetjie agter daai dromme uit, en ek laat weer ‘n oorverdowende geskree los. Ek voel trane wel in my oge op, en ek sukkel om regop te bly. Hubby sê ons moet eerder omdraai, maar ek sê nee. Ek het nie verniet R300 betaal nie. Ek moet klaarmaak. Voetjie vir voetjie stap ons toe verder in die donker. Ek het nie ‘n idée waarheen om volgende te loop nie, dis net te donker om enige iets uit te maak. Toe die volgende ou aan my arm raak, spring ek amper op Willem. Saam besluit ons maar om net daar te wag vir die volgende groep om te kom, en sluit by hulle aan, want so op eie stoom land ek nog in die hospitaal vanaand…

So ongenooid stap ons toe saam die ander groep wat ‘n entjie agter ons inhaal verder deur die huis. Alleen sou ons dit nie kon klaar maak nie, dis net te erg. Ons skree mekaar se ore doof, en trap mekaar se tone flenters. Die een ou wat saam in die groep is, was al ‘n paar keer deur die huis, en hy bederf meeste van die dinge om te sê die Judge is lewendig, Pasop, hier gryp die “lyk” jou so innie verbyloop aan die arm en so aan, maar tog skrik jy as dit wel gebeur. Net voor ons by die onderste vloer klaar is, loop ons verby sulke selle waarin mal mense aangehou word. Die mense is vas aan ‘n ketting, met so massiewe groot swart bal aan, en hulle skree soos besetenes. Jy loop so paar tree, en net wanneer dinge stil raak, gryp die ou jou wat veronderstel is om in ‘n sel toegesluit te wees, jou van agter af. As my blaas vol was op daai oomblik, sou ek hom net daar en dan leeggemaak het. Kyk, ons hardloop mekaar toe omtrent uit die pad uit, om veilig bo uit te kom. Die grootbek mannetjie van die groep,] val toe op die trappe, en sommige van die groep val oor hom en bly agter. Ek hardloop daai trappe so op, ek mis die gevallery amper heeltemal. Oorlewing is nou al wat saakmaak. Bo staan en lag ons toe te lekker. Ek dink dis meer van adrenalien as wat ons vir die lomperds gelag het…

Die res van die toer gaan darem nie so erg af by my nie. Met die einde van die toer, lê ek amper soos ek lag. Sodra jy by die uitgang kom van die haunted house, is daar ‘n kafeetjie waar jy kan refreshments en snacks koop, om moed bymekaar te skraap vir die volgende uitdaging. Ek staan nog so, toe Willem my die volgende oomblik uit die pad uit spring. Daar op die grond seil ‘n vrou soos n slang, en dié het toe aan sy been begin trek. Sommige mense het saam hom geskree, en ander het saam my gelag. Die volgende attraction wat ons gedoen het, was die 3D-Vortex. Die tekeninge teen die muur is amazing, en die spoke min. Ek kan net een clown onthou, en die polka-dot mannetjie, maar Willem se daar was meer. Ek dink my brein het dit vir veiligheidsredes uitgesny…

Die lekkerste lag van die aand was toe ons by die uitgang van die Freaky Forest gaan sit en rook het. Kyk, daai mense het hulself omtrent beskyt. Die forest is glo erg, en jy gaan minimum 4 mense met ‘n torch op ‘n slag daar deur. En wanneer jy uiteindelik by die einde kom en dink alles is verby, storm die ou met die chainsaw op jou af. Kyk, toe die Sjinese groep van vroeër die aand daar uitkom, toe lag ek so ek kon skaars asemhaal. Dis toe wat ek eers sien hoe vreeslik die kettingsaag-ou vir Willem uitfreak. Die ou kom in ons rigting gehardloop, en toe ek weer sien trek Willem doer annerkant en skree “Kom my engel, die Fo**en ou is mal. Hardloop!!!”…

Toe ons ‘n rukkie later daai donker stille pad aandurf huis toe, klop my se hartjie maar weer hier in my keel. Mens weet nooit watter laaste verassing daar op jou wag oppad uit nie. Gelukkig is ons dit gespaar.As jy ooit beplan om NZ toe te gaan, sit Spookers op jou lys van dinge om te moet doen. Jy sal jare later nog hoendervleis kry…


Dis hoe jy weet jy is regtig reg vir ‘n pienk voet…

Augustus 14, 2007


DIE MORS TOETS:
Smeer grondboontjiebotter op jou gunsteling bank, en sommer ook op jou gordyne. Gaan vryf jou hande in klam modderige grond, en nou smeer jy dit op die mure. Om die banke meer kleur te gee, gaan kleur nou met kleurkryte die vlekke op die banke in. Bere van gisteraand se kreef en snoek agter jou sitkamer bank, en los dit daar vir n hele somer…

SPEELGOED TOETS:
Kry vir jou n groot boks Lego blokkies. Kry een van jou vriende om die blokkies orals in die huis te gooi. Sit nou n blinddoek oor jou gesig, en loop nou badkamer of kombuis toe, sonder om te lawaai (dit kan n kind in die nag wakker maak).

INKOPIE TOETS:

Leen by ‘n boer een of twee klein plaas diere (Boerbokke sal hier lekker werk) en vat hulle saam jou deur die winkel soos jy jou trollie stoot en inlaai. Hou hulle altyd in sig, en betaal dan aan die einde ook vir alles wat hulle geeet en gebreek het.

AANTREK TOETS: Kry n lewendige, groot, ongelukkige en moeilike seekat. Sit die seekat in die net terwyl jy steeds bly glimlag en geselsies in baba taal voer. Maak seker al sy arms bly binne die sak.

ETENSTYD TOETS: In n groot melk beker, vul jy die beker met water tot half vol. Hang nou die beker van die dak af, en kry die beker aan die swaai. Probeer nou lepels met pap (verkieslik corn flakes of rice crispies) in die beker kry, terwyl jy die beweging en geluide van ‘n vliegtuig naboots. Na die hele bakkie pap in die beker is, draai nou die melk beker onderstebo, en maak die gemors skoon terwyl jy nog net so vrolik lyk en klink soos toe jy die proses begin het.

NAG TOETS:
Vul ‘n groot material of meel sak met sand, totdat die die sak so swaar weeg soos n baba van so 3 maande oud. Week die sak in water vir n uur. Teen 8pm begin jy met die sak dans, tot 9pm. Sit nou die sak neer, en na jy jou wekker gestel het vir 9pm, gaan slaap jy n bietjie. Staan dan met die afgaan van die alarm op, en sing dan elke liewe liedjie wat jy al ooit in jou lewe gehoor het. Maak dan so dosyn van jou eie liedjies ook op, en sing tot 4am. Stel jou alarm vir 5am, en gaan slaap tot die alarm afgaan. Staan nou op, en maak ontbyt. Herhaal die proses vir 5 jaar, en doen dit terwyl jy vreeslik gelukkig lyk…

FISIESE TOETS (VROUE):
Kry n groot kussingsloop, en maak dit om jou lyf vas. Vul dit elke maand met 1.25 kg sand, en loop so rond met die sak vir 9 maande. Na 9 maande mag jy 10% van die inhoud verwyder.

FISIESE TOETS (MANS): Gaan na die naaste apteek. Sit jou beursie op die toonbank neer en vra die assistant om himself te help. Stap na die naaste winkel toe, en reel met die bestuurder dat jou salaris elke maand in die winkel se rekening oorgeplaas word. Koop nou vir jou ‘n koerant, gaan huis toe en lees dit vir die laaste keer in jare in rus en vrede


FINALE TOETS: Gesels met ‘n paartjie wat klein kindertjies het. Vertel vir hulle hoe om die kind te disiplineer, geduld, uithouvermoë en tafelmaniere te leer. Lig hulle ook in van die beste manier om die kind te pottie-train. Stel voor hoe hulle kan verbeter as ouers, en lê klem op die feit dat hulle die ouers is, en die kind nie moet toelaat om hulle om hul pinkie te draai nie. Geniet die oefening. Dit sal die laaste keer wees wat jy al die antwoorde gaan ken…


JOB DESCRIPTION FOR A PARENT.

Augustus 12, 2007

 

POSITION:
Mom, Mommy, Mama, Ma
Dad, Daddy, Dada, Pa, Pop


JOB DESCRIPTION:

  • Long term, team players needed, for challenging permanent work in an, often chaotic environment.
  • Candidates must possess excellent communication and organizational skills and be willing to work variable hours, which will include evenings and weekends and frequent 24 hour shifts on call.
  • Some overnight travel required, including trips to primitive camping sites on rainy weekends and endless sports tournaments in far away cities!
  • Travel expenses not reimbursed.
  • Extensive courier duties also required.

RESPONSIBILITIES:

  • The rest of your life.
  • Must be willing to be hated, at least temporarily, until someone needs R100.
  • Must be willing to bite tongue repeatedly.
  • Also, must possess the physical stamina of a pack mule and be able to go from zero to 20 km/h in three seconds flat in case, this time, the screams from the backyard are not someone just crying wolf.
  • Must be willing to face stimulating technical challenges, such as small gadget repair, mysteriously sluggish toilets and stuck zippers.
  • Must screen phone calls, maintain calendars and coordinate production of multiple homework projects.
  • Must have ability to plan and organize social gatherings for clients of all ages and mental outlooks.
  • Must be willing to be indispensable one minute, an embarrassment the next.
  • Must handle assembly and product safety testing of a half million cheap, plastic toys, and battery operated devices.
  • Must always hope for the best but be prepared for the worst.
  • Must assume final, complete accountability for the quality of the end product.
  • Responsibilities also include floor maintenance and janitorial work throughout the facility.

POSSIBILITY FOR ADVANCEMENT & PROMOTION:

  • None.
  • Your job is to remain in the same position for years, without complaining, constantly retraining and updating your skills, so that those in your charge can ultimately surpass you

PREVIOUS EXPERIENCE:

  • None required unfortunately.
  • On-the-job training offered on a continually exhausting basis.

WAGES AND COMPENSATION:

  • Get this! You pay them!
  • Offering frequent raises and bonuses.
  • A balloon payment is due when they turn 18 because of the assumption that college will help them become financially independent.
  • When you die, you give them whatever is left.
  • The oddest thing about this reverse-salary scheme is that you actually enjoy it and wish you could only do more.

BENEFITS:

While no health or dental insurance, no pension, no tuition reimbursement, no paid holidays and no stock options are offered; this job supplies limitless opportunities for personal growth and free hugs and kisses for life if you play your cards right.

 

This is for all employees already in this position, in appreciation for everything they do on a daily basis, letting them know they are appreciated for the fabulous job they do…or forward with love to anyone thinking of “applying for the job”.


 


Wat ‘n sirkus…

Augustus 6, 2007

Ek self was nog nooit in lewende lywe in ‘n sirkus tent gewees nie. Nee, ek moes maar sirkus op die tv kyk. Daai toertjies en dinge wat van die mense en diere uithaal, lyk soms soos iets wat in ‘n fliek gebeur, want dit lyk onmoontlik om jou kop met jou tone te raak as jou bene agter jou rug verby steek. Ouch, ek wonder hoe hulle uit daai posisies kom as hulle ‘n kramp of iets kry…

So drie of vier jaar terug bly ons toe in Durban, en die sirkus kom maak toe ‘n draai. Dis so 2 dae voor payday, en ek het nie gebudget vir drie kaartjies nie. Ek kry toe die bright idée om vir boeta die diertjies te gaan wys wat buite in hokke en kampies staan. Die parkeer area is prop vol, en ons stop ver. Ag, dis ok, dis darem lekker koel weer, en ek mind nie die gelopery nie. As ek net geweet het wat vir my voorle, sou ek seker vir hubby gese het om so na as moontlik aan die ingang te gaan double-park…

Die eerste diere wat jy sien sodra jy by die ingang inloop, is die leeus. Ag moeder, dis kleines en grotes. Dis mooi diere. Goed versorg ook. Ons staan ure en kyk hoe die leeus in hul sirkelvormige omheinde kampie rondloop en die klomp agies aan die ander kant van die draad dophou. Keag se gesiggie is een van daais wat mens net moet vasle op film en verewig, dit spreek boekdele. Orals staan ouers met hul kinders en oeeeehhh an aaahhh oor die oulike welpies. Die volgende is die kamele. Die hobbels op die rug, die ogies, die snaakse manier waarop hulle loop. So hinke-pink tipe beweging. Ag moeder, eintlik is hulle nie so bad nie. Net hulle hare lyk so, so, so jiggie. Dit lyk of dit grasagtig kan voel. Eintlik is kamele sulke rustige diere, lyk nie asof enige iets hulle juis pla nie. Doer anderkant langs die tent is die Llamas. Og, daai diere lyk vir my baie weird. So asof hulle heel uit proporsie uit gebou is. Alhoewel hulle weird lyk, dink ek tog hulle lyk op ‘n (baie snaakse) manier wel baie oulik. So terwyl ons die Llamas bewonder, wag ons vir die groep mense wat by die perde staan, om aan te beweeg. Ek hou nie van hordes mense om my nie, en ons wag maar ons beurt af om na die perde te kyk…

Ek en Willem maak beurte om vir Keag te dra. Daar was gras orals, so die stroler moes innie kar bly, en die arms moet maar die vashou werk doen. Dis nou bietjie pa se beurt, en ek pass vir boetman aan. Die groupie raak toe eventually moeg vir die pêrre, en ons kan ook gaan kyk. Die pêrre staan met hul sterre na ons toe. Hulle trap-trap so rond, en maak sulke weird geluide. Nou kyk, wat ek van Pêrre af weet, is gevaarlik. Ek dog toe, oh well, hulle maak seker maar so. Willem like nie die onaardse geluide vannie perde nie, en hy se ons moet eerder loop. Ek draai ook toe om, maar in daai omdraai ruk een van daai pêrre om, en my reaksie is bietjies te stadig. Hy kry my beet so oppie boob…

Deur my waserige, pyngevulde oë sien ek mense omdraai en in ons rigting kyk. Somewhere tussen die byt en wegspring moes ek geskree het om allie aandag op my te kry. Ek staan nou ‘n goeie 15 meter van die pêrre se stalle af. Nou het ek nie ‘n saak met enige iemand nie, en ek loer in my hemp in om te sien wat gaan aan, hoekom dit so vreeslik seer is. Gewoonlik sal ek net bloos as ek daaraan moet dink, maar nou het ek nie ‘n saak met die mense nie. Ek moet sien wat die skade is. Nie dat ek regtig wil sien nie, maar my nuuskierigheid kry die oorhand. Dit vat ‘n rukkie se staar voor ek deur my traangevulde oë genoeg kan fokus om te sien wat aangaan. Ek kannie veel sien nie, dis net bloed…

So paar tree vorentoe op my linkerkant sien ek die mannetjie wat die sirkus kaartjies verkoop kom uit sy karavaan uit, en stap in my rigting. Ek sien hy praat, en ek hoor so ver weg iemand se stem, maar ek kannie uitmaak wat hy babbel nie. Alles om my draai, en my ore sing. Ek voel vreeslik duislig, en wil net hier wegkom. Ek sien Willem praat met die ou, maar ek stap net. Kar, hier kom ek. Elke tree is ‘n straf, dit voel of ek aan die brand is, en ek sukkel om een voet voor ‘n ander te sit sonder om my boob vas te hou nie. Dit voel of hy aan net ‘n sening hang.

By die kar light ek ‘n sigaretjie, want ek begin giggel, en giggel is nie nou goed nie. EK wil-wil histeries raak, en kort eintlik nou ‘n taai klap, maar ek gannie vra vir een nie, ek het genoeg pyn. EK praat nie, en trek daai sigaretjie verby die klein toontjie. Ek wil huistoe, nou. Gn hospitaal nie, ek moet eers self kyk wat die skade is. By die huis gaan ek dadelik badkamer toe, en moet amper die hemp van my af sny. Ek kry nie my arms opgelig nie, dis te damn seer!My boob is al pers, swart en geel, die bietjie wat ek wel kan sien. Die skade lyk darem nie te erg nie, ek meen my boob is nog daar, en dié hang nie net aan ‘n velletjie soos dit voel nie. Hubby dra net suikerwater en pynpille aan. Ek dehidreer amper innie bad soos ek le en huil. Ek wil nou net in my bed gaan klim, en slaap. EK wil slaap en net more oggend wakker word uit die nagemerrie uit.

Needles to say, ek is toe glad nie vir enige mediese hulp nie. Daarvoor was ek te hardegat. EK meen, hoe de hel gaan enige reg denkende mens ‘n hemp aan jou liggaam kry sonder om van pyn uit te pass. Aikona, nie nou vir my nie, dankie. Ek sal self ontsmet, en as dit lyk of daar infeksie of iets is, dan sal ek daaraan beginne dink om die moontlikheid van ‘n dokter te oorweeg.

Nou, jare later wens ek dat ek wel daai mense laat betaal het vir alles waar deur ek moes gaan. Daai perd kon my dood gemaak het. Willem vertel my toe later, die ou vra of ek nie dalk die perde uitgelok en getart het nie, en dalk daaroor aangeval is nie. Ghmp, ek tart nie eers ‘n poedel nie, wie in sy right mind sal ‘n perd gaan tart. Jy al ooit daai kakebeen gesien, dis net spiere en tanne man. My boob is darem nog in place, met ‘n scar en ‘n knop om my te herinner ek en pêrre is soos petrol en vuur. Ons meng net nie….

PS: Dankie virrie pic Lynette…