Happy Halloween

Oktober 31, 2007

Die eerste gedagte wat by jou opkom sodra mens hoor van Halloween is scary movies en kinders wat aantrek in die allervreeslikste klere en van huis tot huis loop en lekkers vra. Halloween is afgelei van Hallowe’en, wat ‘n verkote vorm van All Hallow’s Eve (Allerheilige-aand. In Ierland word Halloween ook Pooky Night genoem. Die tradisionele kleure is swart en oranje, alhoewel daar deesdae ook persblou groen en dikwels rooi ook gebruik word.

Die Keltiese Britte en Iere vier in die voor-Christelike tydperk die Dag van die Oorledenes op Allerheilige-dag (Samhain) op die 1ste November.Die Kelte het Halloween as die “einde van somer”gevier. Op die einste dag het die oorledenes glo uit hul grafte verrys, en kos is voor die deure neergele om hulle aan te trek. Die maskers wat gedra word op Halloween is glo gebruik om die bose geeste te laat skrik, wat gedoen word met groot feesvure wat aangesteek word. Vroeer jare is kinders se hare vol sout gegooi wat ook geglo is die bose geeste sal weghou. Halloween word met okkultisme geassosieer omdat dit in die spesiale tyd van die jaar gebeur wanneer die wereld van die lewendes met die van die geeste in aanraking kom, en towery dan hoogty vier.Daar word selfs an Halloween verwys as “Die belangrikste fees van sataniste”.Huise wod met uigeholde pampoene of rape versier, wat uitgehol en dan van binne af met ‘n kers verlig en versier word om ‘n gruwelike gesig uit te beeld. Die tradisionele Halloweenkoek oftewel die barmbrack wat ‘n sort vrugtebrood is, word geniet. In elke koek is daar ‘n klein lap, ‘n ring en ‘n muntstuk verberg. Soos die koek uitgedeel word, ontvang sekere mense die geskenke wat in die koek versteek is, en elke item het ‘n betekenis. Die lap beteken jou finansiele toekoms is onseker, en as jy die muntstuk kry, beteken dit weer jy kan ‘n voorspoedige jaar verwag. Die ring is ‘n voorbode van ‘n romanse of voortdurende geluk. Die barmbracks wat ons deesdae in ‘n winkel kan koop bevat gewoonlik slegs die ring.

Met Halloween word sekere simbole geassosieer, bv. Duiwels, spoke, demone en geraamtes; hekse met punt hoedens wat uit strooi gevleg word en dikwels op besems ry met ‘n swart kat op hul skouers ; dwergies, uile,vlermuise en spinnekoppe, vampiere en spookhuise. Swart beteken gewoonlik: dood, hekse, vampiere, vlermuise, swart katte en nag. Oranje beteken vuur, die kleur van die blare gedurende herfs, pampoene en Jack O’-Lanterns. Persblou beteken die bonatuurlike, nag en mistisisme. Rooi is vir vuur, euwel, bloed en kwaad, en groen is vir monsters en kabouters.

Die storie agter die Jack-O’-Lantern is interessant. Volgens ‘n ou legend het ‘n hoefsmid, Jack O. ‘n ooreenkoms met die duiwel aangegaan wat van hom vir ‘n tydperk van sewe jaar die beste hoefsmid in die land gemaak het. Jack moes met sy siel die prys betaal. Daarvoor eh thy ‘n uitgeholde pampoen met kerse binne-in by die ingang van sy smidswinkel opgehang as teken van sy nuwe vaardighede. As straf vir sy duiwelse ooreenkoms is Jack O uiteindelik daartoe verdoem om vir altyd met sy Jack-O’-Lantern deur die wereld te swerf.

EK gaan nie my kinders weerhou van ‘n lekker aand die jaar net oor mense allerhande viselike dinge met halloween assosieer nie. Die dag is wat mens self daarvan gaan maak, en vir ons gaan dit ‘n dag wees van baie sweets eet, en kyk hoe ander se kostuums lyk. Hierdie jaar het ek besluit om my kinders op te dress en te make-up en hulle uit te vat om te Trick-or-treat. Ek self gaan vir ‘n rukkie my deure oop hou en vir die ander “Halloweeners” swieries gereed hou vir as hulle heir kom aanklop. Hoeveel mense dit hier in ons straat gaan doen is ek nog nie seker van nie. Ons het papiere gekry om teen die deur op te plak as ons belang stel om deel te wees van die nag se gebeure, en om vir die kinders te wys by watter deure hulle wel sal kan kom aanklop by.

Keag is vanoggend skool toe as ‘n kruising van ‘n skeleton-vampier. Hy lyk baie anders vanoggend, en toe mamma nou maak of sy skrik, toe lag hy te heerlik uit sy magie uit. Die face decorating het nie te goed afgeloop nie. EK het gedink ek koop gesig verf, toe is die allie pad crayons waarmee ek moes klaarkom. Sy sakkie sweets is vir hom ingepak skool toe, en net voor sy bussie hier stop toe neem ek gou foudies. Ek sal vannaand hier edit aan die bladsy en yari se “outfit” kom bylas.



Springbok Koors

Oktober 20, 2007

Ek het voor die begin van dié jaar se wêreldbeker soveel tyd afgestaan aan luister wat mense se opinies sal wees oor die spanne en wie met die blaas van die finale eindfluitjie met die beker omhoog om die veld hardloop. Alhoewel dit seer gemaak het om te hoor die bokke se kanse is nie baie goed nie, was ek saam die meeste bokke ondersteuenrs baie pessimisities oor wat voorle. Nou voel ek skuldig oor ek so min vertroue gehad het op ons manne wat ons Saterdae vir 80 minute so na aan ‘n hartaanval bring van opgewondenheid en woede Het ek ooit die reg nog om kliphard saam makietie te hou as hulle met die beker wegstap? Het ek hulle nie reeds verraai daai eerste keer wat ek gedink het hulle gaan moontlik nie sterk genoeg wees nie?

Laat mens nogal wonder, sodra die bokke / proteas / bulle of watter span jou die naaste aan die hart lê, verloor of nie hul beste dag op die veld het nie, hoe sleg hulle dan gesê word. Die daarop volgende week speel hulle weer ‘n uitmuntende spel en die mense is skoon vrolik gekuier na die oorwinning, maar net die week tevore loop vriende, kollegas en familie deur onder die ondersteuner wie se span hom gedrop het. Gaan alles dan oor wen dat ons nie net kan settle vir “dit was ‘n goeie game gewees, maar die ander span se taktiek was net bietjie beter” nie. Sommige dae wen die sterkste, en ander kere die span wat saam gespeel het soos een man. Gewoonlik Saterdae hoor mens hoe sleg die afrigter is, hoe die ref teen ons span was, maar nog nooit het ek gehoor hoe ‘n speler sê hoe sleg sy ondersteuners hulself gedurende daai 80 minute gedra het nie. Ek dink ook coach Jake bly ‘n verskoning geldig deur elke ondersteuenr wat gese het hy weet nie wat hy doen nie. Ons almal het ons monde vol gehad die tydperk van beproewinge waarin manne getoets is naweke op die sportveld. Jammer coach, you just knew better…

Beste wense vir Percy en Francois met elke skop wat julle gaan doen. Habananana, ek hoop jou atletiek tekkies staan gereed broer, jy maak ons trots. Sterkte met Saterdag kaptein Smit, ek wens jou en jou bemanning ‘n voorspoedige 80 minute toe, en ek hoop dat ons as ondersteuners sal rigting kry en julle beginne ondersteun deur dik en dun soos dit ‘n opregte ondersteuner betaam.Dankie vir jul uithou en aanhou, julle verdien elke minuut van glorie wat jul kant toe kom.

Martin saam die bokke

Dié jaar wag ek weer op die rusbank voor die tv nes 12 jaar terug vir die 80 minute om verby te tik. Ek gaan saam skree vir my span, en hulle 101% ondersteun daai volle 80 minute lank, want die jaar moet ek vir twee mense skree. Martin, in my gedagtes sal ek jou weer sien lê op die matrassie voor die tv 12 jaar terug. Jou gesiggie wat gewoonlik pyn opgehad het, het daai dag geskitter van blydskap. Jy was te dun en daar was te min gewees van jou om soos al ons ander daai dag te kon rond spring soos ons ondersteun het, maar jou gesiggie het boekdele gespreek. Soms wonder ek of jy nie net uitgehou het om te sien wat die bokke gaan maak nie. Ek onthou nog hoe opgewonde jy was toe jy saam die bokke in hul bus deur die strate gery het met die beker omhoog. Jy was vreeslik trots op die “goue beker” wat jy gekry het, gemaak uit coke bottels. Skaars weke na die groot oorwinning het jy jou ogies finaal gesluit. Ek is bly jy kon jou lewenshoofstuk daai tyd afsluit met ‘n bang! Rus sag neef, ons gedagtes is Saterdag spesiaal met jou.


NZ, hier kom ons…

Oktober 18, 2007

Wat ‘n uitputtende week was dit nie sover nie. Verlede Donderdag dié tyd toe stress ek myself nog half kruppel oor my medicals wat gedoen moet word. Ek soek verskonings om elke hoek en draai om dit afgestel te kry vir so 2 weke of so. Dalk is dit genoeg tyd om n effens ligter ek te kry, want met al die oplees van vereistes tot goedkeuring gaan lees ek per ongeluk raak van BMI. DIs toe wat ek besef ek moet nou realiteit in die oë kyk, ek is dik en there’s no two ways about that. Ek google soos ‘n besetene om te sien hoe dik jy toegelaat word om te wees. Om die kroon te span moet ek nou nog worry of ek dalk sukkel met cholesterol, en of al my snacking en my verskriklike soettand nie reeds van my ‘n diabeet gemaak het nie. Tussen dit alles deur moet ek nog die bloeddruk af hou, want myne fluctuate nogal baie, en dis juis meestal aan die hoë kant. Ja-ja, as ek ‘n liefde vir dokters en hospitale gehad het sou ek seker niks gehad het om oor te stress nie, maar nou ja. Na ons Abu Dhabi toe jaag om ons medicals gedoen te kry asap, moet ons in die verkeer soek na strate en plekke wat ons nie weet waar dit is nie. Ook maar soos geluk op die pad aan my kant is bel ek die dokter en hy bevestig ons is baie naby aan hom. Verlig oor ons nie laat is nie, kom ons daar aan en sien die ou voor ons wag al van half 8 af, en ons afspraak was reeds 8 uur en daar is teen 9 uur nog geen teken dat ons wel vannaand nog gehelp sal word nie.

Uiteindelik breek ons beurt aan, en ek voel my hartjie wil by my borskas uitklop van vrees oor wat gaan kom. Ons word met ons klere en skoene aan net so geweeg. As ek dit geweet het was ek soontoe in ‘n bikini en baie hoë skoene. Ons word gelyktydig ondervra oor ons mediese geskiedenis. Sover lyk dinge goed. Toe kom my beurt vir ondersoek. EK haal baie stadig asem, ook nie te diep nie want netnou pomp die bloed vinniger. Teen die tyd wat die dokter my bloeddruk toets, is ek al naby aan uitpass soos ek myself dwing om BAIE stadig in en uit te asem, en dan nog intussen seker te maak die hartjie klop nie vinniger nie. Tjoef tjaf en dis klaar. Die dokter wil nie veel se oor dit wat hy gedoen het nie, en stuur ons na die gebou langsan vir x-rays en bloed toetse. DInge is nou buite my beheer, ek moes lankal plan gemak het en stress sal nie nou wegvat wat ek vrees opgetel kan word in my bloed nie. Met die x-rays gaan dinge goed, of so dink ek. Die vrou kom bekommerd terug in die kamer in en wil weet of ek grieperig is. DUH? Ek loop en snuif sover ek gaan…

Hubby wou nog oorslaap en het nie kans gesien vir die lang pad huis toe nie. DIs omtrent ‘n uur se ry, maar ons moet stadiger oor ons nie weet waar kamele die kar skielik kan bespring nie. Ons gesels die heel pad net onderlangs, elkeen besig om te worry oor wat die uitslae gaan wees. Ek wil nie ons hoop om te kan immigreer shatter met my kwale en skete nie. 2 Sirkels van ons huis af skrik ek my gat af toe daar skielik karre van voor af aangejaag kom en ligte wys. Nou kyk, bangat wat ek is sluk ek omtrent my tong in. Die karre kom al meer en meer van voor af, en ek panick skielik of ons nie aan die verkeerde kant van die pad begin ry het nie. EK druk omtrent ‘n gat met my naels in Willem se been, onbewustelik natuurlik, soos ek stress. Toe begin ons karre voor ons sien stilstaan, en dis net polisie ligte aan weerskante van die pad. Die radio is aan, maar deuntjie na deuntjie speel rustig verby sonder enige onderbrekings. Ons staan stil en kan geen beweging sien nie. Seker so 15 minute later sien ons ‘n helicopter aankom, maar weet nogsteeds nie wat aangaan nie. Die helicopter sirkel ‘n paar keer en land toe op die pad ‘n paar meter vorentoe. Die kinders slaap rustig agter in die kar. Orals klim mense om ons uit hul karre, busse en trokke om te sien wat gebeur.Binne 10 minute is die helicopter se besigheid afgehandel en daar gaan hy toe. Na ons vir langer as ‘n halfuur stilgestaan het half 2 die oggend, begin die verkeer beweeg. Voor in die pad le ‘n opgefrommelde trok, uitgebrand en die teer om hom is lelik gesmelt. Vyftien minute later stop ons by die huis, sit die kiddies in die bed en is dankbaar die aand het vir ons goed verloop.

D-day breek toe aan. Ons medicals se uitslae is gereed. Dokter bel vir hubby en se all is fine, net so effense abnormality in die lewer, maar verder goed. EK hou asem op vir myne. Nope, hulle wag nog vir my x-rays. Half 9 die aand bel ons weer. Uitslae is daar. EK hou asem op, trane biggel en wag vir die geringste woordjie om oor die damwalle te breek en ons drome te vermorsel. EK is so gesond soos kan kom, daar is niks fout by my nie. Al my slapelose nagte was verniet. Met die medicals agter die rug kan ons aangaan met die ander papierwerk. Gister sit ons toe af konsulaat toe. Dit is baie stil en dis vreeslik netjies in die kleine ontvangs area. Pres. Mbeki en sy twee öndersteuners” verwelkom jou teen die muur, en in die agtergrond hang twee spiese en zoeloe aandenkinge. Die vrou wat ons help neem ons toe agtertoe vir vingerafdrukke, eers hubby dan ek. My beurt breek toe aan. Ek staan te gewillig en kyk hoe my vingers besmeer word, net om 10 minute later te moet hoor OOPS. Kyk, toe is ons reeds amper 2 ure daar en ‘n oeps is nie baie welkom nie. SY het hubby se fingerprints op my vorm gaan doen. Ai. Sy wil nie ‘n ander papier gee en die vingerafdrukke oor doen nie, nee, ons moet net daai name doodkrap, by dit parafeer en alles oor skryf. Toe oorloop mall toe want ons foto’s is nie reg nie. Gaan by die naaste plek in, neem die foto’s en moet 45 minute wag vir dit. Gaan eet toe ‘n broodjie by die koffie winkel om die tyd om te kry.

Die bestuurder loop al om ons tafel , en dit maak my baie senuweeagtig. Hy loop tot by Yari, maar is nie tevrede met haar gemompelde woorde terwyl sy krap en peuter met alles voor haar op die tafel nie, hy hou aan en aan met haar praat. Die ou raak irreterend sso hy aanhou. Naderhand buk hy af om met haar te praat, en dis skielik wat dit my tref. Hy wil seker maak dat ons net met Madeleine hier in sy koffie winkel sit nie. Eers toe sy opkyk vir hom en hy haar lank en goed deurkyk het, loop hy weg. Nogsteeds kyk hy elke nou en dan in ons rigitng. EK dink hy het die stories gehoor dat Maddy dalk hier kon wees. Dalk het hy so aangehou tot hy kon sien of sy nie daai strepie in haar oog het nie. Dit lyk in elk geval baie weird want sy is blond, en die res van ons het bruin hare, so dit trek nogal aandag.Oh well, ek raak gewoond aan die tipe optrede van sommige mense…

Toe ons die foto’s gaan optel hoor ons die masjien het gebreek en moes toe weer ‘n ander plek kry om ons foto’s te gaan neem. Daar gaan nog ‘n halfuur van stap, soek, pose en wag.Die hoogtepunt van ons dag was toe ons by die kar kom en sien die verkeers polisie het vir ons ‘n notatjie gelos. Ons het nooit gesien dit was betaal parkering nie, en al het ons dit gesien en betaal sou ons in elk geval ‘n kaartjie gekry het oor ons baie lank besig was.Koop toe oppad terug huis toe nog twee storieboeke wat ek nou wil gaan lees sodra ons medicals afgelewer word en ek kan gaan ontspan op die bed. Yari slaap reeds, sy is baie moeg gewerk vanoggend. Het haar lyfie weer gepoeier en haar haartjies groen gekleur terwyl ek gou die post geskryf het.