Tagged

November 28, 2007


Anja het my getag gistermiddag, wat beteken ek moet nou 8 interessante feite oor myself gee, dinge hier noem wat julle dalk nie geweet het nie. Mmmm

  1. Ek was 17 toe ek uit die huis uit is en saam die liefde van my lewe gaan bly het. So saam saam het ons besluit om vroeg kinders te he en die lewe saam hulle dan te geniet en nooit soos hule ouma of oupa lyk langs ‘n sportveld of opvoering nie.
  2. Slaap haat ek met ‘n passie, en kan middernag huis skoonmaakk, scrabble speel tot die son opkom, enige iets net om seker te maak ek mors nie tyd om net te gaan staan en droom nie, ek gebruik eerder daai paar uur en doen daai dinge. Nou weet ek ten minste as ek oud is hoekom ek nie ‘n sexy oumatjie sal wees nie ;)
  3. Skoene, make-up en geld uitgee is nie een van my passies in die lewe nie. EK het 3 pare skoene in my kas, waarvan 2 tekkies is. Make-up het ek baie van, maar kan dit net nie so dik opplak dat dit die heel dag op bly nie, en lyk dan ‘n paar uur die dag in dieselle as voor die mooimaak en pleister sessie
  4. Ek is 24/7 in my kouse. Net wanneer ek gaan stort is my toontjies oop. My tone sal jy nie sommer sien nie. Die dag wanneer ek nie my kouse aan het nie, moet jy weet iewers is groot fout. Op ‘n goed verstrooide dag sal jy my selfs in die winkel kry so, skoene skoon vergete iewers in my kas…
  5. Die dinge wat ek die meeste mis hier in die buiteland, is Simba se Mexican chilli chips, Cheese grillers van Checkers, Cross & Blackwell Mayo, Clover se melk, Crème Soda, die Drakensberge en die onverwagte laat middag in die kar klim en 600km’s ver ry om gou vir die familie te gaan kuier en more terug te ry.
  6. Glo dit of nie, maar dis absoluut onmoontlik vir my om push-up’s te doen. Nie eers een nie. Aikona. Ek kan afgaan, maar nie eers met ‘n hyskraan se hulp sal jy my weer opkry nie. Die onnies inni skool het jare terug al opgegee en gesien daar is net nie hoop vir my nie.
  7. Ek kan ure lank rondloop in ‘n winkel sonder om ‘n sent uit te gee. Daar is baie dinge wat ek sien in winkel vensters wat ek dink nice sal wees om te he, maar as ek dink dat ek dit nie gaan gebruik nie dan loop ek verby. As ek iets wel wil he, ek kan dink waarvoor ek dit wil gebruik en die price tag laat my vir ‘n sekonde of twee snak na asem, dan loop ek maar verby. Ek dink ek is enige man se droom shopping vrou.
  8. Die eerste kompetisie wat ek gewen het ooit was as 6 jarige dogtertjie. Ek het ‘n vuurhoutjie ver genoeg gespoeg om ‘n paar groot pakke chips te wen by die Niknaks mannetjie daai dag. EK en my niggies het alles gaan opeet in die boomhuis daai selfde middag nog.

 

Ek doen hiermee my deel en tag vir BB, Defender, Meneer en Koeksuster.

;)


The circle of dust…

November 8, 2007

Roetine, die daaglikse dinge oor en oor, van jy opstaan tot jy uitgeput, emosioneel en verstandelik neerval, op jou bed en jou oë net wil toemaak. Net wil vergeet van wat alles vandag met jou gebeur het. Dit help nie om die dag om te wens nie, want as jy mooi dink sien jy more gebeur presies dieselfde dinge waarvan jy bly is jy vir die dag mee klaar is…

Ons staan op, trek aan en gaan spandeer die meeste van die dag saam mense waarvan ons wil wegkom, net om by die huis te kom en nie jou familie kan geniet en waardeer nie. Sien jy nie, die is die mense wat jy self gekies het om jou lewe te wees. Jou kinders en jou eggenoot is mense wat jy in jou lewe wou he en nou sien jy hulle skaars. Sê jy nie ook altyd “Mens kannie mens se familie kies nie, maar jy kan jou vriende kies”. Jy is verkeerd. Jy het jou ega aanvaar daai dag van “Yes, I do…”, so jy het ‘n keuse gemaak om saam daai person te wees. Saam het die twee van julle pienkvoet vir pienkvoet gemaak en die lewe ingehelp. Daai was ‘n keuse wat jy gemaak het, jy wou daai kiddies he. Issit nou nogsteeds waar dat jy nie jou familie kan kies nie? Jy het jou vrou / man gekies? Die kinders was in ‘n toegedraaide pakkie, die inhoud is parte wat jy met die jare aanmekaar sit, en as jy nie happy is met die eindproduk nie, issit jou problem. Dan issit jy wat aangejaag het met die “afronding”!

Hoekom doen ons die dinge aan ons self? Ons leef ‘n lewe waar ons dinge najaag, net om om te draai en volspoed weg te hardloop, die teenoorgestelde rigting in. Nou wat nou? Daai dinge wat jy nagejaag het lyk nie meer so great nie, doen dit? Van tieners met rooskleurige toekomsdrome verval ons in ‘n groef en verander in ‘n robot met ‘n humeur wat ‘n leeu se maanhare laat regop staan. Get up people, ons is besig om alles en almal wat saak maak weg te stoot en drome na te jaag wat op die einde van die dag in ‘n nagmerrie ontaard.