The “I” is back…

Januarie 27, 2008

RIP

Op 24 Januarie, presies 22:40 by my, kry ek dié nuus. “Ek het slegte nuus. Oupa Koos is vanmiddag oorlede“. Eerste woorde wat ek sien ek terug getik het is Shit. Net dit, 1 woord. Kort, kragtig, maar weet jy, dis betekenisloos. My verbase verstomheid wat my in daai paar sekondes oorweldig het, is nie deurgegee nie. Dit wys net skok, en die terugruk na die hede. Jou brein wat gaan stilstaan en die ander honderde dinge wat deur jou kop spring, verdwyn soos mis voor die son. Jy probeer dink. Jy probeer in fractions van sekondes gou ‘n beeld terug roep van ‘n gesig, ‘n laaste oomblik saam, enige iets. Na alles dink ek toe eers aan die How? Ons wag nog om te hoor, maar dit klink of dit sag en rustig kon wees.Oupa was n bokser in sy jonger dae. Die foto in dad se studeerkamer is bewyse van die fris kerel se beste jare. Na al die miljoene se nulle minder geword het, het oupa rustiger geraak. ‘n Baie op sy eie mens, maar uit eie keuse. As dad ‘n projek aangepak het, dan was oupa daar om beter (lol) te weet. Dad het nooit sy cool verloor nie, nie voor oupa nie, net ‘n smoke break gevat en later as oupa ‘n draaitjie gaan loop weer terug gegaan en verder probeer. Oupa het elke dag winkel toe geloop, in sy eie wêreld geleef en sy eie ding gedoen. 9 uit 10 van die kere sou jy hom eers hoor, en dan sien. Hy was lief vir fluit, en..wel…ons was nie altyd lus daarvoor nie. Ek het die stille natuurlike geluide verkies, en nou, nou gaan ek nooit weer daai gefluit hoor nie. Dis weg. Oupa se stemmetjie is stil, en oupa se plekkie is leeg. Ek gaan die diens nie kan bywoon nie, daaroor voel ek sleg, maar oupa sal verstaan. Rus sag Oupa.

Na 2008 met ‘n groot BANG afgeskop het, het ek mense uit my lewe probeer sluit. Mense wat ek nou sien, net ‘n invloed op my lewe sal he as ek dit toelaat.

Toe daai sekonde wyser die eerste keer slaan in 2008, het dinge begin uitkom wat dae, weke, maande en jare lank onder ‘n mat ingevee is. Lyk my die 8 wat daarmee gepaard gaan, is die rede en sonnebok vir die dinge. na bietjie surfing sien ek dis ook een van die getalle wat glo geluk bring, prosperity. Let bietjie op, die 8 wys n volle, complete getal. Daar is nie n begin of n einde aan die nommer nie, nes met die 0, maar ek dink die 8 is ‘n baie scarier getal as die 0 as ek sien wat alles al gebeur het in die 27 dae wat ons in die jaar is.

‘n Janine laat val n bom op ‘n celeb, in die Rapport. Steve se private lewe skielik groot nuus. Nadine en Paula se name word ook genoem. Die koerante copy en paste Steve se blog net so, te lui om hul eie nuus te soek, skryf en proeflees. Daar is die een Steve sê-ding nou so waar, “As ek wil weet wat in my eie lewe gebeur, dan lees ek ook die koerant en Huisgenoot”. Janine se storie glo ek nie is alles feite nie, maar so gestel dat mens jou eie afleidings moet maak. Mens is geneig om te glo wat jy wil glo. Al moet jy op hol gaan met n storie. Anyway…die sage gaan aan.