My nukke

February 16, 2008

angry.jpg

Ek is getag deur Jo-Ann. Gewoonlik is ek rustig, so live and let live persoon. As dinge mense om my nie raak of kan benadeel nie, dan los ek dit.Tot daai een mishap. Daai klein ongevraagde kriewelring te veel raak. Dan bars die bom. In geen spesifieke volgorde nie, hier is die top 10:

♣ As ek wil rook, en my lighter het spoorloos verdwyn. Ek los my liggie langs my kankerstokpakkie, of gooi die twee net so los in n handsak en skedadel. So as die pakkie dan daar is, hoe is die vlammetjie dan MIA?

♣ Die oomblik wat my telefoon lui, ek antwoord terwyl ek nog snoesig slaap, en iemand sê hulle sal later weer terug bel. Jy het my nou reeds wakker gebel, so praat jou praat of moan jou moan. Doen eerder nou jou bes om my ‘n ordentlike gesprek te voer nou.

♣ Elke ma kan met die een assosieer. Ma was ‘n hemp, hang hom op, ure later stryk jy hom en hang hom in die klerekas vir die volgende keer se aantrek. Tot jou stomme verbasing gewaar jy die hemp n rukkie later sonder kreukel in die wasgoedmandjie. Boeta het besluit die hemp moet gewas word, want 7 maande terug se deurgewaste onmoontlik – om – uit – te – kry verfkwas streep sit nog op die mou!

♣ Terwyl ek haastig in ‘n oorvol winkel rondhardloop om so gou moontlik die groceries gekoop te kry, besef ek skielik hubby of boeta is gone. Op daai oomblik sê ek shit, en ruil die rakke-kyk vir mense-soek. Tot ek jou kry worry ek, maar as ek jou kry, dan is dit jou beurt om te worry!

♣ Ek kan slange vang as ek besig is met ‘n skype call, en my pc vries. Die free oproepe is nog ok, dan skuif ek oor na n ander rekenaar en praat verder. Dis die oproepe waarvoor ek betaal wat my kwaad maak, want dan moet ek spring en ‘n forced shut-down doen, want die geld loop nog op die ander rekenaar af! En ek dog tegnologie maak die lewe makliker!!!

♣ Ongeletterde mense wat ‘n telefoon beman! Ek wen myself so op, ek kan deur n gehoorstuk klim en jou kom verwurg. Deesdae smeek ek die mense om my asseblief nie op hold te sit nie, want ek WEET ek gaan WEER afgesny word na ek 2 minute op hold gesit is. Doen jou werk en doen dit reg, dit kos nie n scientist se logika om ‘n telefoon te werk nie.

♣ ‘n Rustige aand uit in ‘n restaurant, yeah right! Gewoonlik eindig ons op met n kelner wat nie die bestelling reg “onthou” nie, want einstein het dit nie nodig geag om dit neer te skryf nie. Die hele ete deur sien jy die kelner nie, want jou kos het jy mos gekry. As jy hom wel sien, is hy ongeskik en kortaf. Skielik wanneer dit tyd word vir rekening betaal, smile Gertjie ohhh sooooo breed, half oorvriendelik. Hoe lui die spreekwoord: Wie laaste lag, lag die lekkerste…

♣ Moenie vir my se jy kon nie soos al die ander ordentlik in n ry staan en wag by n afrit nie. Miskien is dit beter as ek nie my lisensie kry nie, want ek sal jou not n dinges kans gee as jy voor my probeer indruk nie. Waag my net stamp…

♣ Leuenaars. Need I say more…

♣ ‘n Dronk persoon. Dan is jy mos nou sterk, slim, sommer doof en sexy gedrink ook. Enige persoon wat te veel drink en nie perke ken nie, is my g@t se deksel.

Ek tag vir :

Hexi

Cobus 

Sterfling


Moeder Natuur Dans In Die Woestyn!!!

February 4, 2008

Lights! Camera! Action. Soos gewoonlik mis ek nou weer alles jong. Amper 24 uur later, lees ek eers van die groot dans wat skaars ‘n uur van my gedoen is. Nee nee, nie ‘n lekker langarm nie. Die dans vir veiligheid. Die dans van moedernatuur wat haar voetjies so hard stamp, dat geboue in mekaar tuimel, ‘n dans wat grond uit mekaar uit skeur. Jip, you guessed it. ‘n Aardbewing. Hier. Inni woestyn. 4 Van hulle.

Nou is my kop in over-drive. Waar ek vandaan kom, is ons net gewoond aan dans as jy koeëls naby jou hoor afgaan. Kyk dan twist jy lekker! Hier sit ek, ver van die “huis” af, en nou wonder ek. Wat de dinges doen jy as jy voel die grond onder jou verander in ‘n vibrator? As jy sien jou mure val jou aan, en die aarde maak orals sulke skrefies mondjies oop wat jou kan insluk? Op tv (flieks) hardloop die mense en gaan staan onder ‘n deur kosyn. Skielik dink ek, was dit regtig vir ‘n aardbewing, of was dit nou vir iets anders waaarvoor moedernatuur haar gewip het. Dan tref dit jou, jy is so oningelig soos kan kom…

As jy bly in ‘n 2x verdieping plek, en orals om jou toring die half-half huise bokant jou uit (helfte onder, ander helfte bo), waarheen hardloop jy? Waar duck en dive jy die décor wat jy gekies het, maar wat nou wys hulle like jou nie :o

Is jy net so oningelig soos ek? Sal jy ook wonder wat nou as jy skielik besef jy moet reageer, of ken jy reeds al die antwoorde op elke moontlike ramp? *Sug*