Lights! Camera! Action. Soos gewoonlik mis ek nou weer alles jong. Amper 24 uur later, lees ek eers van die groot dans wat skaars ‘n uur van my gedoen is. Nee nee, nie ‘n lekker langarm nie. Die dans vir veiligheid. Die dans van moedernatuur wat haar voetjies so hard stamp, dat geboue in mekaar tuimel, ‘n dans wat grond uit mekaar uit skeur. Jip, you guessed it. ‘n Aardbewing. Hier. Inni woestyn. 4 Van hulle.
Nou is my kop in over-drive. Waar ek vandaan kom, is ons net gewoond aan dans as jy koeëls naby jou hoor afgaan. Kyk dan twist jy lekker! Hier sit ek, ver van die “huis” af, en nou wonder ek. Wat de dinges doen jy as jy voel die grond onder jou verander in ‘n vibrator? As jy sien jou mure val jou aan, en die aarde maak orals sulke skrefies mondjies oop wat jou kan insluk? Op tv (flieks) hardloop die mense en gaan staan onder ‘n deur kosyn. Skielik dink ek, was dit regtig vir ‘n aardbewing, of was dit nou vir iets anders waaarvoor moedernatuur haar gewip het. Dan tref dit jou, jy is so oningelig soos kan kom…
As jy bly in ‘n 2x verdieping plek, en orals om jou toring die half-half huise bokant jou uit (helfte onder, ander helfte bo), waarheen hardloop jy? Waar duck en dive jy die décor wat jy gekies het, maar wat nou wys hulle like jou nie
Is jy net so oningelig soos ek? Sal jy ook wonder wat nou as jy skielik besef jy moet reageer, of ken jy reeds al die antwoorde op elke moontlike ramp? *Sug*


February 4, 2008 at 6:02 PM |
Toe my seun nog op laerskool was, het hy ‘n ewige obsessie met tornados, tsunami’s ensomeer gehad. Ek het hom altyd getroos dat dit ons nie sommer sal tref nie; so bietjie tong innie kies met Laingsburg en Tulbagh se rampe in gedagte. En toe tref ‘n minnie orkaan die Kaapse Vlakte. Ek moes mooi paai. Ek glo maar aan wat moet gebeur sal gebeur en ek gaan myself nie paniekerig bekommer daaroor voor die gebeur nie. Sê nou dit gebeur nooit in my leeftyd nie, dan het ek energie vermors wat ek anders kon kanaliseer…. Ek bekommmer myself wel oor die beskikbaarheid van elektrisiteit en die toestand van ons waterbronne… Hoe kry mens deesdae die gevoel dat alle nate van die “nuwe SA” begin lostorring in sy tweede dekade en dat ons besig is om maar net nog ‘n Afrika land te word….. droog en donker…
February 5, 2008 at 8:06 AM |
Ek het daai vrees gehad in Durban vir n tsunami tot ons getrek het. In my kop het ek al soort van n escape route uitgewerk van waarheen om te hardloop, agter watse muur ek dalk moet staan sodat ek nie in die “groot water” se pad sal kom nie, lol. Ja, ek is n jaar daar weg toe tref daai groot water. Gelukkig het ons toe al reeds getrek. Die skade, die verliese, die hartseer en die bekende strande en landmarks wat ek kan onthou, op een of ander manier geraak, beskadig of heeltemal vernietig. Met aardbewings hoop ek dat dit ons gespaar sal wees, maar ek moet weet waarheen hardloop jy. Ek lees dalk is onder n sterk tafel jou beste opsie, kom ek bid maar so iets sal ek nie moet toets nie…
Op die nuus lees ons van die water en elektrisiteit, en wonder wanneer gaan die “parly” se oe oopgaan en hulle sien dat die hele land uitmekaar val. Hoeveel moet mens nog opoffer en verloor voor iemand gaan opstaan en se die dinge moet gered word voor dit totaal en al tot niet gaan? Ek wonder saam jou Jo…. *sug*
February 5, 2008 at 4:21 PM |
Ja, dit is nie net ons water en krag nie, kyk ons paaie en dan praat ons nie eers van diens nie. Ek dink ons is klaar ‘maar net nog ‘n Afrika land’.
As ek aan vloede en aarbewings, ens. dink, dan dink ek weer aan die vinnigste en maklikste pad om eers by my kind te kom. Gelukkig grens hulle kleuterskool aan die werk se plot, so ek moet net so bietjie vinnig kan hardloop – nog net hierdie jaar.
February 6, 2008 at 1:37 AM |
Hi Ilze
Genade mens ekke pieps vir my sopnat as dit onder my begin skud…ek was juis so jittery toe ons die Des net jaar na tsunami see toe is en hulle vakansiegangers gewaarsku het dat so iets soortgelyks ons aan die kus kan tref daai jaar….shame Theo is ‘n paar keer in die nagte wakker gemaak deur mwah (ekke) om te gaan kyk buitekant, want ek hoor nie die see nie…..lol Hy was nie baie impressed met my nie, maar het dit maar gedoen anders sou ekke nie slaap nie….
Dit is darem een klein voordeel wat SA het…ons het nog nie heavy tornado’s en aardbewings ens gehad soos in die ander wereld dele nie….touch wood!!!!
February 7, 2008 at 11:33 AM |
Nee wat Ilze – ek dink ek sal maar vir my net ‘n hoekie loop (kruip) soek…
February 7, 2008 at 12:55 PM |
Hel goeie vraag,
Ek weet net as daar ‘n brand is moet jy in een ry vinnig maar stadig uitbeweeg as ek reg kan onthou!
Wat doen mens as jy so sit en ‘n bom ontplof reg langs jou, Shit dis scary eindelik as mens daaraan dink..
Miskien moet jy gaan swot en ons kom se wat om te doen –
February 8, 2008 at 9:01 AM |
Jeannie, as ‘n bom reg langs jou ontplof, hoef jy niks meer te doen nie . . . as jy nog iets kan doen, dan lê jy en wag vir die paramedics om jou te kom haal . . .
Ilze, sterkte, jong!
Junie 27, 2008 at 7:02 PM |
Ek sal heel moontlik ook nie agter gekom het nie. Ek is te verstrooid.