Ek is getag deur Jo-Ann. Gewoonlik is ek rustig, so live and let live persoon. As dinge mense om my nie raak of kan benadeel nie, dan los ek dit.Tot daai een mishap. Daai klein ongevraagde kriewelring te veel raak. Dan bars die bom. In geen spesifieke volgorde nie, hier is die top 10:
♣ As ek wil rook, en my lighter het spoorloos verdwyn. Ek los my liggie langs my kankerstokpakkie, of gooi die twee net so los in n handsak en skedadel. So as die pakkie dan daar is, hoe is die vlammetjie dan MIA?
♣ Die oomblik wat my telefoon lui, ek antwoord terwyl ek nog snoesig slaap, en iemand sê hulle sal later weer terug bel. Jy het my nou reeds wakker gebel, so praat jou praat of moan jou moan. Doen eerder nou jou bes om my ‘n ordentlike gesprek te voer nou.
♣ Elke ma kan met die een assosieer. Ma was ‘n hemp, hang hom op, ure later stryk jy hom en hang hom in die klerekas vir die volgende keer se aantrek. Tot jou stomme verbasing gewaar jy die hemp n rukkie later sonder kreukel in die wasgoedmandjie. Boeta het besluit die hemp moet gewas word, want 7 maande terug se deurgewaste onmoontlik – om – uit – te – kry verfkwas streep sit nog op die mou!
♣ Terwyl ek haastig in ‘n oorvol winkel rondhardloop om so gou moontlik die groceries gekoop te kry, besef ek skielik hubby of boeta is gone. Op daai oomblik sê ek shit, en ruil die rakke-kyk vir mense-soek. Tot ek jou kry worry ek, maar as ek jou kry, dan is dit jou beurt om te worry!
♣ Ek kan slange vang as ek besig is met ‘n skype call, en my pc vries. Die free oproepe is nog ok, dan skuif ek oor na n ander rekenaar en praat verder. Dis die oproepe waarvoor ek betaal wat my kwaad maak, want dan moet ek spring en ‘n forced shut-down doen, want die geld loop nog op die ander rekenaar af! En ek dog tegnologie maak die lewe makliker!!!
♣ Ongeletterde mense wat ‘n telefoon beman! Ek wen myself so op, ek kan deur n gehoorstuk klim en jou kom verwurg. Deesdae smeek ek die mense om my asseblief nie op hold te sit nie, want ek WEET ek gaan WEER afgesny word na ek 2 minute op hold gesit is. Doen jou werk en doen dit reg, dit kos nie n scientist se logika om ‘n telefoon te werk nie.
♣ ‘n Rustige aand uit in ‘n restaurant, yeah right! Gewoonlik eindig ons op met n kelner wat nie die bestelling reg “onthou” nie, want einstein het dit nie nodig geag om dit neer te skryf nie. Die hele ete deur sien jy die kelner nie, want jou kos het jy mos gekry. As jy hom wel sien, is hy ongeskik en kortaf. Skielik wanneer dit tyd word vir rekening betaal, smile Gertjie ohhh sooooo breed, half oorvriendelik. Hoe lui die spreekwoord: Wie laaste lag, lag die lekkerste…
♣ Moenie vir my se jy kon nie soos al die ander ordentlik in n ry staan en wag by n afrit nie. Miskien is dit beter as ek nie my lisensie kry nie, want ek sal jou not n dinges kans gee as jy voor my probeer indruk nie. Waag my net stamp…
♣ Leuenaars. Need I say more…
♣ ‘n Dronk persoon. Dan is jy mos nou sterk, slim, sommer doof en sexy gedrink ook. Enige persoon wat te veel drink en nie perke ken nie, is my g@t se deksel.



February 16, 2008 at 6:44 PM |
Hehahe, ek het dit nou baie geniet. Almal stem ek mee saam.
Dankie vir julle kuier by my, sal volgende week eers hierby uitkom, baie besig op die oomblik.
February 17, 2008 at 10:07 AM |
Kan my met baie van die vereenselwig en wat ‘n dronk persoon betref, nie ‘n mooi prentjie nie plus die babbelas. Ek kan nie dink dat iemand dit aan hom/haarself wil doen nie.
February 19, 2008 at 12:08 AM |
U funnY!
February 19, 2008 at 4:56 PM |
Ek het vir jare vir Erich ‘n fluitjie aan ‘n toutjie om sy nek gehang as ons winkels toe gaan – dan gaan hy toy-isle toe en ek shop. Goed ingedrill van “niemand mag aan jou vat nevermind skeef kyk vir jou nie”, fluitjie moet soos ‘n sokker-referee in die bek bly en as ek jou vang daarsonder sal jy saam met my shop! – en op ‘n dag hoor ek daardie blasters whistle en ek hol vir die speelgoedrakke!! Daar gekom staan ‘n ou vriendin met haar kakebeen op haar borskas – oë so groot soos pierings – van pure skrik stom geslaan!! Sy wou hom mos groet! LOL!!
February 20, 2008 at 8:14 AM |
BB, dit is ‘n great idee om ‘n kind met ‘n fluitjie te beman. Boeta is ook alewog oppad speelgoed rakke toe, en om hom teen die siek wereld en sy makkers te beskerm moet ek dit ook oorweeg om ‘n fluitjie te kry. Boeta moet net onthou om hom saam te vat!
Rustig shop ons hier die een dag, boeta het besluit hy gaan speelgoed kyk. Ons was vinnig, en toe ek by die rakke kom is hy gone. Tussen my en hubby is ons deur die winkel in rekordtyd. Niks. Liefie duik na die winkels om ons, en ek bly wag by die deur vir n miracle. ‘n Vrou en haar seuntjie kom toe die winkel binne n rukkie later met boeta aan hul sy. Die meneer het toe gedink ons los hom daar, en is uit na die kar toe in die donker op sy eie, en is toe daar gekonfronteer deur die 2 barmhartige samaritane. My hartjie het tjoklits gepomp, maar na die drukkie is sy kop goed gewas! Kids…
February 22, 2008 at 11:24 PM |
My pa raak weg in die inkopiesentrums. My broer en hy het ‘n sagte fluit ontwikkel waarmee hulle mekaar “roep” en kry.
February 24, 2008 at 1:54 PM |
Ek lê nou soos ek lag…. briljant !
February 28, 2008 at 12:56 PM |
Praat so van mense wegraak, manlief het nou die dag met ‘n briljante idee vorendag gekom. (OK, dis nou vir die kleintjies hoor!).
Kry iets in die winkel wat van daai tags op het wat skreeu as jy by die winkel uitloop, steek dit in sy sak, en so as hy dan uitloop of dalk ontvoer word sal beep afgaan as hy deur loop of gedra word, ek sweer die ou wat hom ontvoer sal sy gat afskrik. Nou ja, dit sal ook net werk met winkels wat daardie tags gebruik.
Ek stem oor die dronk persoon, dit walg my tot in my kleintoontjie in!
Maart 4, 2008 at 5:12 PM |
ILZE !!!
tyd om weer iets te blog dink jy nie ???
lol
Tot Later
Maart 4, 2008 at 5:13 PM |
ILZE !!!
tyd om weer iets te blog dink jy nie ???
lol
Tot Later
Maart 31, 2008 at 1:09 PM |
Ek lees en lees maar sien net dieselfde elke keer!!
Maart 31, 2008 at 1:41 PM |
Ditto Zee
Ilze ons wag…..
April 2, 2008 at 3:48 PM |
ILZE !!!!!!
ONS WAG NOGSTEEDS…..
April 7, 2008 at 5:03 PM |
(((ilze)))
3 2 1 0
BOOM
April 9, 2008 at 12:24 AM |
Hi daar!
)
Uiteindelik reageer ek na jou besoek aan my blog op 16 Feb… Sorry! Was bietjie “overcome by events.” Ek kan met sommige van jou nukke beslis identifiseer. Uit die aard van ons individuele uniekheid het ek ‘n paar ander dinge wat my laat “load-shed”… laat donker word in my
Groete,
Cobus
Mei 8, 2008 at 1:10 AM |
Hi
Ekke wag ok saam jeannie….1 2 3
Mei 22, 2008 at 12:43 PM |
ILZE!!!!!!
ILZE!!!!!!
IEMAND LAAT WEET MY ASSEBLIEF WAAR KAN EK VIR MEV. ILZE AS VERMIS AANMELD…
OF IS DAAR NIE ERENS IEMAND WAT HAAR ‘N FINE WIL GEE VIR NIE BLOG NIE ?
TOE ILZE ONS WAG NOGSTEEDS !!!
Mei 23, 2008 at 12:25 PM |
Nuusflits, Ilze word as vermis aangemeld… as enige iemand weet waar sy haar bevind los asseblief ‘n boodskap hier. U dringende samewerking sal waardeer word!
Junie 2, 2008 at 2:22 PM |
Zee, lol, ek dink ek het haar op gespoor, maar ek weet nie of dit die regte Ilze is nie…..
Nee Hel Ilze Lewe Jy Nog ???