My groot onbeplande verloffie is op n end, en ek is terug. Ek het my prioriteite bietjie geskuif, tyd en plek gemaak vir dinge wat ek maande en jare laas gedoen het. Sommer ook iets nuuts by geleer ook. Die breuk was goed vir my, en uiteindelik het blogging weer my lys begin haal van dinge wat ek geniet om te doen…
Die skool vakansies is amper op ons, en die groot hitte is besig om n wurgende greep om my keel te vorm. Vanoggend was een van die eerste oggende die jaar wat ek opgestaan het, en gevoel het hoe die humiditeit my longe plat druk. Hoe die aircon wat op 20 gestel is, nie die verligting bring wat ek voor hoop nie. Omdraai en verder slaap issi eers n opsie nie. Opstaan en met die dag begin ook nie regtig nie. Jy wil net stil le, wil nie he jou liggaam moet besef die slaap termometertjie moet opskuif nie. Tot jy die wekker beloer en sien uitstel het jou ingehaal en jy moet jouself uit die bed uit kry, en so stadig moontlik die trappe afseil ondertoe en broodjies pak…
My nuutste projek is platejoggie speel. Ek geniet dit, maar voel noggi helemal so gemaklik soos ek dink ek met die tyd sal wees nie. Ek moet twee keer dink voor ek praat. Sommige dae speel ek net lekker musiek, en ander dae doen ek die tema ding, waar ek probeer dat al die liedjies pas by die tema. Soos net n vrou kan, multitask ek soms so erg die kant, dat tot ek verstom terug staan om te kyk wat alles gebeur. My hande vat en doen dinge, en die oe kyk net wat gebeur. Is daai tipe ding soos om te tik sonder om op die keyboard te kyk. Die eerste ruk voel mens stomgeslaan dat jy dit regtig kan doen, maar met die tyd is dit net uhmmm ok…
Die nuwe aanvulling tot die familie is oppad, en stadig tel ons die dae af. 22 Dae om te gaan…
Bygedra deur Dolfie 
