Besig, besig, besig…

My groot onbeplande verloffie is op n end, en ek is terug. Ek het my prioriteite bietjie geskuif, tyd en plek gemaak vir dinge wat ek maande en jare laas gedoen het. Sommer ook iets nuuts by geleer ook. Die breuk was goed vir my, en uiteindelik het blogging weer my lys begin haal van dinge wat ek geniet om te doen…

Die skool vakansies is amper op ons, en die groot hitte is besig om n wurgende greep om my keel te vorm. Vanoggend was een van die eerste oggende die jaar wat ek opgestaan het, en gevoel het hoe die humiditeit my longe plat druk. Hoe die aircon wat op 20 gestel is, nie die verligting bring wat ek voor hoop nie.  Omdraai en verder slaap issi eers n opsie nie. Opstaan en met die dag begin ook nie regtig nie. Jy wil net stil le, wil nie he jou liggaam moet besef die slaap termometertjie moet opskuif nie. Tot jy die wekker beloer en sien uitstel het jou ingehaal en jy moet jouself uit die bed uit kry, en so stadig moontlik die trappe afseil ondertoe en broodjies pak…

My nuutste projek is platejoggie speel. Ek geniet dit, maar voel noggi helemal so gemaklik soos ek dink ek met die tyd sal wees nie. Ek moet twee keer dink voor ek praat. Sommige dae speel ek net lekker musiek, en ander dae doen ek die tema ding, waar ek probeer dat al die liedjies pas by die tema.  Soos net n vrou kan, multitask ek soms so erg die kant, dat tot ek verstom terug staan om te kyk wat alles gebeur. My hande vat en doen dinge, en die oe kyk net wat gebeur. Is daai tipe ding soos om te tik sonder om op die keyboard te kyk. Die eerste ruk voel mens stomgeslaan dat jy dit regtig kan doen, maar met die tyd is dit net uhmmm ok…

Die nuwe aanvulling tot die familie is oppad, en stadig tel ons die dae af. 22 Dae om te gaan…

 

18 Responses to “Besig, besig, besig…”

  1. Zee Says:

    Ilze, ek geniet dit om na jou te luister! Dis nogal verstommend hoe ‘n mens kan multitask :lol:

    En nou, lees ek reg, ‘n nuwe lewetjie op pad? En ons hoor nou eers hiervan :sad:

  2. Jeannie Says:

    Ilzetjie !!!!

    Welkom Terug Ek Is Baie Bly Om Te Sien Jy Is Nog Met Ons ;)

    Ek het jou baie gemis lol

    Ek hoop die nuwe babatjie is jou sussie s’n en dat ek ook nie die pot mis sit nie.

    Love You Lots Like JellyTots

    :)

  3. krista Says:

    22 dae om te gaan? Vertel meer!!!!!!!!!!!!

  4. Jeannie Says:

    Ilze !!!

    Nou is ek ook nuskierig ek wil ook weet lol

    Vertel ons meer !!!

    ;)

  5. jikkels Says:

    Ek is bly om te sien jy het weer ‘n inskrywing gemaak. Geniet die nuweling.

  6. oopkop Says:

    Ek’s ook nou nuuskierig oor die nuwe toevoeging tot die familie?

  7. alta Says:

    Wil ok weet!!

  8. Jeannie Says:

    hey almal

    lol

    ek het baie goeie idea!!! se bietjie vir ilze wat is julle favourite liedtjies op die oomblik toe please man/vrou…..

    ;)

    (o ja Ilze kry spelling check op jou blog dat ek kan seker maak my woorde is reg voordat ek Submit Comment) :)

  9. rb Says:

    En ons hoor nou eers van die nuweling??!!
    Het jou oulike inskrywings nogal gemis, gewonder waar jy is!

  10. Marile Says:

    Ek wag ok in spanning…

  11. Tersia Says:

    Baie geluk met die pienk-voet! Mag daar nog baie wees!

  12. Wipneus! Says:

    Ja ek wag ook

  13. oopkop Says:

    Oi, waar kruip jy weg mevrou? /me mis vir Ilze

  14. oopkop Says:

    /me sug

  15. rb Says:

    Hey, ek neem aan die nuwe toevoeging is al daar en die dat dit so stil aan hierdie kant is. Laat weet tog hoe gaan dit, asb!

  16. Thasia Says:

    Genade Ilze wanneer blog jy weer!! Ek is bly ek kon jou blog vind!!

    Liefdetjies
    xxxx

  17. Jeannie Says:

    Ilze :)

    Are You Still Alive ????

    Lekker Naweek Julle

  18. Jeannie Says:

    NEE NEE NEE

    KAN NIE GLO JY HET NIKS OM ONS TE VERTEL NIE

    :)

    ps i still love u lmga

Leave a Reply