Gisteraand is ek weer oor die vingers getik oor ek blogging so gruwelik afgeskeep het die afgelope paar maande (mind you, is al amper n jaar se afskeep as ek sien hoeveel posts regtig gedoen is). Ek is terug…alweer…in al my glorie.
(Nou hier is waar jy begin neurie….Here I am. This is me. There’s nowhere else on earth I’ll rather be…
)
Soos menigte ander is ek so bly ‘08 is iets van die verlede, en dat ‘09 hier ingewals het. ‘n Jaar is agter die blad wat ekke nie wil oor he nie. ‘n Handjie vol pragtige bome is uit ons familie se tuin gepluk, en n pienk rosie het hul plek kom inneem. Maak nie saak hoeveel keer mens vir jouself se kyk na die groter prentjie nie, daai eina trap ‘n diep spoor op die taaiste hart.
Soos die jaar end se kant toe gestaan het, het ek gekrap in my skatkis, en n paar kennisse afgestof en ‘n diamant of twee ontdek tussen die juwele wat reeds bymekaar gemaak is oor die jare heen. Iets wat my gewoonlik opval met sulke soek en krap sessies, is hoe die tyd aanstap. Die tempo waarteen die dae begin en eindig. Die dae wat voel asof dit elke dag met 5 minute korter raak. Die jaar wat voel asof hy ten minste 3 maande somewhere geskip het terwyl jy naarstigtelik rondgedraf het op soek na maniere om oorlewing gemakliker te maak. Tyd hou altyd soveel beloftes in….maar dit ontneem ons van soveel dinge. As iets moet gebeur, wens ons tyd wil verby vlieg. As dit vlieg soek ons dit weer.
Terwyl ek nog tyd het, terwyl my uurglas nog sand in het wil ek n verskil maak iewers. ‘n Nuwe hoofstuk kan nie begin voor n ander een nie afgesluit is nie. Ek hoop jy het toe jy die post begin lees het, play gedruk en die liedjie geluister. Indien nie, doen dit asb nou
Iewers in my kwart eeu se bestaan weet ek dat mense te na gekom is. Mense is seergemaak. Daar was dae wat ek mense na aan my teleur gestel het ook. Soms ook myself. Ek het beloftes gemaak, en dit nie gehou nie. Nie almal was in my beheer nie, maar jou hart was. Jy het seergekry en het ongelukkig gevoel deur die dinge.
Ek gaan nie sit en vir elkeen vandag n brief skryf nie. Dit sou seker meer impak gehad het, maar ek verkies om die tyd wat ek spaar met al daai briefies skryf te gebruik en te bou op ons toekoms en die herinneringe wat gemaak moet word
Vir n paar sou dit seker meer beteken het en meer realisties gevoel het, maar dit kom uit die diepte van my hart uit. Met die een sin hoop ek om jou te kan oortuig.
Ek is opreg jammer
….en nou kan die nuwe begin…..begin
*hugz*


Januarie 18, 2009 at 11:54 PM |
Hi Ilse, hoe lekker om lewe hier te vind!!
Pragtige inskrywing, ons almal het al mense seergemaak. Vir myself ek dink die belangrikste is dat ek dit kan erken, en beter wil maak!
Ek stem ook saam met jou, briefies skryf is onbelangrik as jy dit nie in jou dade bewys, dat jy jammer is nie. Ek dink jy is op die regte pad en mag jy ‘n magical jaar vol nuwe, mooi dinge beleef!!
Welkom terug en ‘n lekker week vir jou!
Ek het nou die aand so lekker met jou geklets, ek dink jy is baie special!!!
Januarie 20, 2009 at 4:41 PM |
So bly jy’s terug. Ek sal gou weer kom chat
Januarie 20, 2009 at 5:06 PM |
Baie bly jy’s weer hier
Januarie 30, 2009 at 5:47 PM |
So bly! Maak ‘n plan met ‘n paar posts toe? Sodra jy terug is?
February 2, 2009 at 5:41 PM |
(((Ilze)) baie jammer oor julle verlies!
Sterkte!
February 3, 2009 at 12:38 PM |
Hallo, baie bly om jou weer raak te lees.
Sterkte vir die nuwejaar, myne het net so sleg begin as wat ‘08 afgelsuit het, hoop maar net die res raak beter!
Sal gou weer kom inloer.
February 10, 2009 at 9:38 PM |
O nee genade, nog net 1 post virrie jaar en hy’s al amper weer verby???
February 12, 2009 at 11:21 AM |
Dankies baie Wipneus. Ek waardeer jou boodskap baie.
*hugz*
February 12, 2009 at 11:24 AM |
Dankie jy loer nog in RB, lol. Eish ek post hopeloos te min. Sodra ek dink ek kan weer blog…gebeur iets wat my ewewig versteur. Ek hoop dat dinge van nou af net beter gaan en ‘09 n fab jaar gaan wees..
lol @ Krista. Ai suster….ai ai ai.
….i’ll blame it on the weatherman…..