21 Jan 1949 – 2 Feb 2009

February 12, 2009

Ouma Netta

Min het ons geweet die oggend toe ek bel om te sing, dat ‘n gedeelte van ma al stadig begin groet het. 60 Jaar was te kort, maar ons is dankbaar dat ons in ‘n gedeelte van ma se lewe kon deel. Die seer le nog vlak, woorde onbreek nog. Dit was te vinnig, en onverwags. In ons gebede, gedagtes en in ons alledaagse lewe sal ma voortbestaan. Geniet ma se welverdiende rus. Amen

PS: Baie dankie vir elkeen wat ons bygestaan het die afgelope 3 weke. Al die familie, en ook vriende wat ingespring het en gehelp het op een of ander manier. Liefie, Jenn, Suzanne, Mari, Muriel, Krista…. julle is great girls! Elkeen van julle het diep spore in my hart getrap en baie beteken toe ons down en out was. Dankie ook vir elkeen wat gesms, gemail en boodskappe gestuur het. Voel of ek die lotto gewen het om soveel fantastiese mense onder my vriende te kan tel. *hugz*