
Min het ons geweet die oggend toe ek bel om te sing, dat ‘n gedeelte van ma al stadig begin groet het. 60 Jaar was te kort, maar ons is dankbaar dat ons in ‘n gedeelte van ma se lewe kon deel. Die seer le nog vlak, woorde onbreek nog. Dit was te vinnig, en onverwags. In ons gebede, gedagtes en in ons alledaagse lewe sal ma voortbestaan. Geniet ma se welverdiende rus. Amen
PS: Baie dankie vir elkeen wat ons bygestaan het die afgelope 3 weke. Al die familie, en ook vriende wat ingespring het en gehelp het op een of ander manier. Liefie, Jenn, Suzanne, Mari, Muriel, Krista…. julle is great girls! Elkeen van julle het diep spore in my hart getrap en baie beteken toe ons down en out was. Dankie ook vir elkeen wat gesms, gemail en boodskappe gestuur het. Voel of ek die lotto gewen het om soveel fantastiese mense onder my vriende te kan tel. *hugz*


(((((Ilze)))))
Mag julle moeder in vrede rus.
Dankie Zee.
*hugz*
(((((Ilze))))))
My innige simpatie, ek hou jou en jou geliefdes nogsteeds in my gebede!
Dit was so moeilike tyd vir julle, want dis nou nie of julle net ‘n klip gooi wegbly nie.
Mag julle mamma in vrede rus.
x x
NS: Dankie aan al Ilze se maatjies wat my op hoogte gehou het.
(((Ilze)))
Just passing by.Btw, your website have great content!
_________________________________
Making Money $150 An Hour
Ai, Ilze, sterkte!!!!!!!
Ai, dis baie hartseer. My ma is 58 jaar oud en as ek dink dat sy dalk kan doodgaan trek my keel sommer toe. Baie sterkte vir jou en jou familie.
Ilze gelukkige moedersdag môre!
dis nou ‘n bietjie laat (baie laat). hoop al die mooi herinneringe van jou ma is heeltyd in jou gedagtes.