The “I” is back…

Januarie 27, 2008

RIP

Op 24 Januarie, presies 22:40 by my, kry ek dié nuus. “Ek het slegte nuus. Oupa Koos is vanmiddag oorlede“. Eerste woorde wat ek sien ek terug getik het is Shit. Net dit, 1 woord. Kort, kragtig, maar weet jy, dis betekenisloos. My verbase verstomheid wat my in daai paar sekondes oorweldig het, is nie deurgegee nie. Dit wys net skok, en die terugruk na die hede. Jou brein wat gaan stilstaan en die ander honderde dinge wat deur jou kop spring, verdwyn soos mis voor die son. Jy probeer dink. Jy probeer in fractions van sekondes gou ‘n beeld terug roep van ‘n gesig, ‘n laaste oomblik saam, enige iets. Na alles dink ek toe eers aan die How? Ons wag nog om te hoor, maar dit klink of dit sag en rustig kon wees.Oupa was n bokser in sy jonger dae. Die foto in dad se studeerkamer is bewyse van die fris kerel se beste jare. Na al die miljoene se nulle minder geword het, het oupa rustiger geraak. ‘n Baie op sy eie mens, maar uit eie keuse. As dad ‘n projek aangepak het, dan was oupa daar om beter (lol) te weet. Dad het nooit sy cool verloor nie, nie voor oupa nie, net ‘n smoke break gevat en later as oupa ‘n draaitjie gaan loop weer terug gegaan en verder probeer. Oupa het elke dag winkel toe geloop, in sy eie wêreld geleef en sy eie ding gedoen. 9 uit 10 van die kere sou jy hom eers hoor, en dan sien. Hy was lief vir fluit, en..wel…ons was nie altyd lus daarvoor nie. Ek het die stille natuurlike geluide verkies, en nou, nou gaan ek nooit weer daai gefluit hoor nie. Dis weg. Oupa se stemmetjie is stil, en oupa se plekkie is leeg. Ek gaan die diens nie kan bywoon nie, daaroor voel ek sleg, maar oupa sal verstaan. Rus sag Oupa.

Na 2008 met ‘n groot BANG afgeskop het, het ek mense uit my lewe probeer sluit. Mense wat ek nou sien, net ‘n invloed op my lewe sal he as ek dit toelaat.

Toe daai sekonde wyser die eerste keer slaan in 2008, het dinge begin uitkom wat dae, weke, maande en jare lank onder ‘n mat ingevee is. Lyk my die 8 wat daarmee gepaard gaan, is die rede en sonnebok vir die dinge. na bietjie surfing sien ek dis ook een van die getalle wat glo geluk bring, prosperity. Let bietjie op, die 8 wys n volle, complete getal. Daar is nie n begin of n einde aan die nommer nie, nes met die 0, maar ek dink die 8 is ‘n baie scarier getal as die 0 as ek sien wat alles al gebeur het in die 27 dae wat ons in die jaar is.

‘n Janine laat val n bom op ‘n celeb, in die Rapport. Steve se private lewe skielik groot nuus. Nadine en Paula se name word ook genoem. Die koerante copy en paste Steve se blog net so, te lui om hul eie nuus te soek, skryf en proeflees. Daar is die een Steve sê-ding nou so waar, “As ek wil weet wat in my eie lewe gebeur, dan lees ek ook die koerant en Huisgenoot”. Janine se storie glo ek nie is alles feite nie, maar so gestel dat mens jou eie afleidings moet maak. Mens is geneig om te glo wat jy wil glo. Al moet jy op hol gaan met n storie. Anyway…die sage gaan aan.


Goo-goo…Ga-ga…

December 13, 2007

Wanneer word mens regtig groot? Is daar ‘n spesifieke dag soos ‘n verjaarsdag wat jy moet hê om te kan sê jy het jou kinderagtigheid laat staan en is nou mooi groot? Is dit dan die dag wat jy met hoërskool begin? Die dag wat jy nie meer ‘n maagd is nie? Op jou 21ste verjaarsdag? Die dag wanneer jy trou? Nope, ek dink nie so nie. Soms gooi grootmense wat reeds kinders het, tantrums van 6 jariges, ‘n vloermoer om hul ongelukkigheid te wys oor hulle nie hul sin kan kry in die lewe nie.

Wat maak mens met mense wat so redeneer? Koop jy vir hulle ‘n doek en ‘n dummy en jy hoop hulle besef wat jy se en kom by in die lewe, of lag jy maar in jou mou oor die vertraagheid? Die doek en dummy koop idée gaan nie werk nie, want al wat jy bereik is om neer te daal tot op hul vlak. Klink seker nie so bad nie, maar dit is. Jy gaan tweede kom, want hulle beat jou met experience. Daai mense is so vasgevang in hul eie lewens en wil so graag he dat hulle moet uitstaan, dat hulle bereid is om tot extremes te gaan om hul punt te bewys, al moet hulle ander seermaak. Vir sulke mense bestaan daar gewoonlik net een person, en dis hy / sy self, en die mense om hulle, is hul ondergeskiktes. Jy is nie eers in hul liga nie, nie naastenby eers naby aan kwalifiseer in rondte een nie…

Sulke mense koop gewoonlik die beste en die duurste, net om seker te maak hulle het beter as ander. In hul geselskap voel jy uit, asof jy regtig nie eers daar hoort nie. Op die oog af lyk dit asof jy met ope arms verwelkom word, maar dis net oogverblindery. ‘n Skans wat voorgehou word. As jy iets koop, kry, behaal, dan het hulle reeds beter. As jy iets nuuts sien, dan het hulle dit jare terug al gesien en reeds probeer of gekoop ook. Dis mense vir wie jy nooit iets kan sê wat hulle nie reeds weet nie. Dis jou perfekte mens, die enigste in sy soort op aarde. By hulle is dit altyd ‘n “Been there, done that, got the papers”…

Kan mens jouself so belangrik en hooggeplaas ag dat hoor en sien om jou vergaan? Kan jy self-behep wees dat jy glo as jy gaan sit die son sal verdwyn? JA! JA! JA! Kinderagtige grootmense is dun en min gesaai, maar hulle is daar en dryf almal van hulle af weg, om eendag skielik te besef hulle is alleen. Almal om hom / haar het iets bereik in die lewe, en hulle sit in sak en as oor hulle lewens verby is en hulle regtig nie veel bereik het nie, behalwe as jy eensaamheid sien as ‘n oorwinnig, ‘n slegte reputasie sien as iets fantasties en dink die wêreld draai om jou.

Ek stel solank die wekker en hoop jou oë gaan betyds oop, voor jy alles verloor wat jy dink jy het. Realiteit gaan ‘n harde terugkoms aarde toe wees…

 


And so the wait is ova…

December 5, 2007

Die lang wag is verby. My trouring. Is dit nie oog-seermaak mooi nie?

 

My eie design J

Dit was die drie jaar se wag deur en deur die moeite werd. Dankie my engel-man…

 


Tagged

November 28, 2007


Anja het my getag gistermiddag, wat beteken ek moet nou 8 interessante feite oor myself gee, dinge hier noem wat julle dalk nie geweet het nie. Mmmm

  1. Ek was 17 toe ek uit die huis uit is en saam die liefde van my lewe gaan bly het. So saam saam het ons besluit om vroeg kinders te he en die lewe saam hulle dan te geniet en nooit soos hule ouma of oupa lyk langs ‘n sportveld of opvoering nie.
  2. Slaap haat ek met ‘n passie, en kan middernag huis skoonmaakk, scrabble speel tot die son opkom, enige iets net om seker te maak ek mors nie tyd om net te gaan staan en droom nie, ek gebruik eerder daai paar uur en doen daai dinge. Nou weet ek ten minste as ek oud is hoekom ek nie ‘n sexy oumatjie sal wees nie ;)
  3. Skoene, make-up en geld uitgee is nie een van my passies in die lewe nie. EK het 3 pare skoene in my kas, waarvan 2 tekkies is. Make-up het ek baie van, maar kan dit net nie so dik opplak dat dit die heel dag op bly nie, en lyk dan ‘n paar uur die dag in dieselle as voor die mooimaak en pleister sessie
  4. Ek is 24/7 in my kouse. Net wanneer ek gaan stort is my toontjies oop. My tone sal jy nie sommer sien nie. Die dag wanneer ek nie my kouse aan het nie, moet jy weet iewers is groot fout. Op ‘n goed verstrooide dag sal jy my selfs in die winkel kry so, skoene skoon vergete iewers in my kas…
  5. Die dinge wat ek die meeste mis hier in die buiteland, is Simba se Mexican chilli chips, Cheese grillers van Checkers, Cross & Blackwell Mayo, Clover se melk, Crème Soda, die Drakensberge en die onverwagte laat middag in die kar klim en 600km’s ver ry om gou vir die familie te gaan kuier en more terug te ry.
  6. Glo dit of nie, maar dis absoluut onmoontlik vir my om push-up’s te doen. Nie eers een nie. Aikona. Ek kan afgaan, maar nie eers met ‘n hyskraan se hulp sal jy my weer opkry nie. Die onnies inni skool het jare terug al opgegee en gesien daar is net nie hoop vir my nie.
  7. Ek kan ure lank rondloop in ‘n winkel sonder om ‘n sent uit te gee. Daar is baie dinge wat ek sien in winkel vensters wat ek dink nice sal wees om te he, maar as ek dink dat ek dit nie gaan gebruik nie dan loop ek verby. As ek iets wel wil he, ek kan dink waarvoor ek dit wil gebruik en die price tag laat my vir ‘n sekonde of twee snak na asem, dan loop ek maar verby. Ek dink ek is enige man se droom shopping vrou.
  8. Die eerste kompetisie wat ek gewen het ooit was as 6 jarige dogtertjie. Ek het ‘n vuurhoutjie ver genoeg gespoeg om ‘n paar groot pakke chips te wen by die Niknaks mannetjie daai dag. EK en my niggies het alles gaan opeet in die boomhuis daai selfde middag nog.

 

Ek doen hiermee my deel en tag vir BB, Defender, Meneer en Koeksuster.

;)


The circle of dust…

November 8, 2007

Roetine, die daaglikse dinge oor en oor, van jy opstaan tot jy uitgeput, emosioneel en verstandelik neerval, op jou bed en jou oë net wil toemaak. Net wil vergeet van wat alles vandag met jou gebeur het. Dit help nie om die dag om te wens nie, want as jy mooi dink sien jy more gebeur presies dieselfde dinge waarvan jy bly is jy vir die dag mee klaar is…

Ons staan op, trek aan en gaan spandeer die meeste van die dag saam mense waarvan ons wil wegkom, net om by die huis te kom en nie jou familie kan geniet en waardeer nie. Sien jy nie, die is die mense wat jy self gekies het om jou lewe te wees. Jou kinders en jou eggenoot is mense wat jy in jou lewe wou he en nou sien jy hulle skaars. Sê jy nie ook altyd “Mens kannie mens se familie kies nie, maar jy kan jou vriende kies”. Jy is verkeerd. Jy het jou ega aanvaar daai dag van “Yes, I do…”, so jy het ‘n keuse gemaak om saam daai person te wees. Saam het die twee van julle pienkvoet vir pienkvoet gemaak en die lewe ingehelp. Daai was ‘n keuse wat jy gemaak het, jy wou daai kiddies he. Issit nou nogsteeds waar dat jy nie jou familie kan kies nie? Jy het jou vrou / man gekies? Die kinders was in ‘n toegedraaide pakkie, die inhoud is parte wat jy met die jare aanmekaar sit, en as jy nie happy is met die eindproduk nie, issit jou problem. Dan issit jy wat aangejaag het met die “afronding”!

Hoekom doen ons die dinge aan ons self? Ons leef ‘n lewe waar ons dinge najaag, net om om te draai en volspoed weg te hardloop, die teenoorgestelde rigting in. Nou wat nou? Daai dinge wat jy nagejaag het lyk nie meer so great nie, doen dit? Van tieners met rooskleurige toekomsdrome verval ons in ‘n groef en verander in ‘n robot met ‘n humeur wat ‘n leeu se maanhare laat regop staan. Get up people, ons is besig om alles en almal wat saak maak weg te stoot en drome na te jaag wat op die einde van die dag in ‘n nagmerrie ontaard.


Happy Halloween

Oktober 31, 2007

Die eerste gedagte wat by jou opkom sodra mens hoor van Halloween is scary movies en kinders wat aantrek in die allervreeslikste klere en van huis tot huis loop en lekkers vra. Halloween is afgelei van Hallowe’en, wat ‘n verkote vorm van All Hallow’s Eve (Allerheilige-aand. In Ierland word Halloween ook Pooky Night genoem. Die tradisionele kleure is swart en oranje, alhoewel daar deesdae ook persblou groen en dikwels rooi ook gebruik word.

Die Keltiese Britte en Iere vier in die voor-Christelike tydperk die Dag van die Oorledenes op Allerheilige-dag (Samhain) op die 1ste November.Die Kelte het Halloween as die “einde van somer”gevier. Op die einste dag het die oorledenes glo uit hul grafte verrys, en kos is voor die deure neergele om hulle aan te trek. Die maskers wat gedra word op Halloween is glo gebruik om die bose geeste te laat skrik, wat gedoen word met groot feesvure wat aangesteek word. Vroeer jare is kinders se hare vol sout gegooi wat ook geglo is die bose geeste sal weghou. Halloween word met okkultisme geassosieer omdat dit in die spesiale tyd van die jaar gebeur wanneer die wereld van die lewendes met die van die geeste in aanraking kom, en towery dan hoogty vier.Daar word selfs an Halloween verwys as “Die belangrikste fees van sataniste”.Huise wod met uigeholde pampoene of rape versier, wat uitgehol en dan van binne af met ‘n kers verlig en versier word om ‘n gruwelike gesig uit te beeld. Die tradisionele Halloweenkoek oftewel die barmbrack wat ‘n sort vrugtebrood is, word geniet. In elke koek is daar ‘n klein lap, ‘n ring en ‘n muntstuk verberg. Soos die koek uitgedeel word, ontvang sekere mense die geskenke wat in die koek versteek is, en elke item het ‘n betekenis. Die lap beteken jou finansiele toekoms is onseker, en as jy die muntstuk kry, beteken dit weer jy kan ‘n voorspoedige jaar verwag. Die ring is ‘n voorbode van ‘n romanse of voortdurende geluk. Die barmbracks wat ons deesdae in ‘n winkel kan koop bevat gewoonlik slegs die ring.

Met Halloween word sekere simbole geassosieer, bv. Duiwels, spoke, demone en geraamtes; hekse met punt hoedens wat uit strooi gevleg word en dikwels op besems ry met ‘n swart kat op hul skouers ; dwergies, uile,vlermuise en spinnekoppe, vampiere en spookhuise. Swart beteken gewoonlik: dood, hekse, vampiere, vlermuise, swart katte en nag. Oranje beteken vuur, die kleur van die blare gedurende herfs, pampoene en Jack O’-Lanterns. Persblou beteken die bonatuurlike, nag en mistisisme. Rooi is vir vuur, euwel, bloed en kwaad, en groen is vir monsters en kabouters.

Die storie agter die Jack-O’-Lantern is interessant. Volgens ‘n ou legend het ‘n hoefsmid, Jack O. ‘n ooreenkoms met die duiwel aangegaan wat van hom vir ‘n tydperk van sewe jaar die beste hoefsmid in die land gemaak het. Jack moes met sy siel die prys betaal. Daarvoor eh thy ‘n uitgeholde pampoen met kerse binne-in by die ingang van sy smidswinkel opgehang as teken van sy nuwe vaardighede. As straf vir sy duiwelse ooreenkoms is Jack O uiteindelik daartoe verdoem om vir altyd met sy Jack-O’-Lantern deur die wereld te swerf.

EK gaan nie my kinders weerhou van ‘n lekker aand die jaar net oor mense allerhande viselike dinge met halloween assosieer nie. Die dag is wat mens self daarvan gaan maak, en vir ons gaan dit ‘n dag wees van baie sweets eet, en kyk hoe ander se kostuums lyk. Hierdie jaar het ek besluit om my kinders op te dress en te make-up en hulle uit te vat om te Trick-or-treat. Ek self gaan vir ‘n rukkie my deure oop hou en vir die ander “Halloweeners” swieries gereed hou vir as hulle heir kom aanklop. Hoeveel mense dit hier in ons straat gaan doen is ek nog nie seker van nie. Ons het papiere gekry om teen die deur op te plak as ons belang stel om deel te wees van die nag se gebeure, en om vir die kinders te wys by watter deure hulle wel sal kan kom aanklop by.

Keag is vanoggend skool toe as ‘n kruising van ‘n skeleton-vampier. Hy lyk baie anders vanoggend, en toe mamma nou maak of sy skrik, toe lag hy te heerlik uit sy magie uit. Die face decorating het nie te goed afgeloop nie. EK het gedink ek koop gesig verf, toe is die allie pad crayons waarmee ek moes klaarkom. Sy sakkie sweets is vir hom ingepak skool toe, en net voor sy bussie hier stop toe neem ek gou foudies. Ek sal vannaand hier edit aan die bladsy en yari se “outfit” kom bylas.