21 Jan 1949 – 2 Feb 2009

Februarie 12, 2009

Ouma Netta

Min het ons geweet die oggend toe ek bel om te sing, dat ‘n gedeelte van ma al stadig begin groet het. 60 Jaar was te kort, maar ons is dankbaar dat ons in ‘n gedeelte van ma se lewe kon deel. Die seer le nog vlak, woorde onbreek nog. Dit was te vinnig, en onverwags. In ons gebede, gedagtes en in ons alledaagse lewe sal ma voortbestaan. Geniet ma se welverdiende rus. Amen

PS: Baie dankie vir elkeen wat ons bygestaan het die afgelope 3 weke. Al die familie, en ook vriende wat ingespring het en gehelp het op een of ander manier. Liefie, Jenn, Suzanne, Mari, Muriel, Krista…. julle is great girls! Elkeen van julle het diep spore in my hart getrap en baie beteken toe ons down en out was. Dankie ook vir elkeen wat gesms, gemail en boodskappe gestuur het. Voel of ek die lotto gewen het om soveel fantastiese mense onder my vriende te kan tel. *hugz*


Nuwe beginne….

Januarie 14, 2009

Gisteraand is ek weer oor die vingers getik oor ek blogging so gruwelik afgeskeep het die afgelope paar maande (mind you, is al amper n jaar se afskeep as ek sien hoeveel posts regtig gedoen is). Ek is terug…alweer…in al my glorie.

(Nou hier is waar jy begin neurie….Here I am. This is me. There’s nowhere else on earth I’ll rather be… 😉 ) 

footprintSoos menigte ander is ek so bly ’08 is iets van die verlede, en dat ’09 hier ingewals het. ‘n Jaar is agter die blad wat ekke nie wil oor he nie. ‘n Handjie vol pragtige bome is uit ons familie se tuin gepluk, en n pienk rosie het hul plek kom inneem. Maak nie saak hoeveel keer mens vir jouself  se kyk na die groter prentjie nie, daai eina trap ‘n diep spoor op die taaiste hart.

Soos die jaar end se kant toe gestaan het, het ek gekrap in my skatkis, en n paar kennisse afgestof en ‘n diamant of twee ontdek tussen die juwele wat reeds bymekaar gemaak is oor die jare heen.  Iets wat my gewoonlik opval met sulke soek en krap sessies, is hoe die tyd aanstap. Die tempo waarteen die dae begin en eindig. Die dae wat voel asof dit elke dag met 5 minute korter raak. Die jaar wat voel asof hy ten minste 3 maande somewhere geskip het terwyl jy naarstigtelik rondgedraf het op soek na maniere om oorlewing gemakliker te maak. Tyd hou altyd soveel beloftes in….maar dit ontneem ons van soveel dinge. As iets moet gebeur, wens ons tyd wil verby vlieg. As dit vlieg soek ons dit weer.  

Terwyl ek nog tyd het, terwyl my uurglas nog sand in het wil ek n verskil maak iewers. ‘n Nuwe hoofstuk kan nie begin voor n ander een nie afgesluit is nie. Ek hoop jy het toe jy die post begin lees het, play gedruk en die liedjie geluister. Indien nie, doen dit asb nou 😉

Iewers in my kwart eeu se bestaan weet ek dat mense te na gekom is. Mense is seergemaak. Daar was dae wat ek mense na aan my teleur gestel het ook. Soms ook myself. Ek het beloftes gemaak, en dit nie gehou nie. Nie almal was in my beheer nie, maar jou hart was. Jy het seergekry en het ongelukkig gevoel deur die dinge.

Ek gaan nie sit en vir elkeen vandag n brief skryf nie. Dit sou seker meer impak gehad het, maar ek verkies om die tyd wat ek spaar met al daai briefies skryf te gebruik en te bou op ons toekoms en die herinneringe wat gemaak moet word 😉 Vir n paar sou dit seker meer beteken het en meer realisties gevoel het, maar dit kom uit die diepte van my hart uit. Met die een sin hoop ek om jou te kan oortuig.

Ek is opreg jammer

….en nou kan die nuwe begin…..begin

*hugz*


‘n Goeie begrip het net n halwe woord nodig

Oktober 22, 2008
Bulls
Bulls

Ons doen dit weer die jaar. Ek skiet solank die kurk proppie af, want celebrate gaan ons celebrate!!!

Tjorts


Besig, besig, besig…

Junie 3, 2008

My groot onbeplande verloffie is op n end, en ek is terug. Ek het my prioriteite bietjie geskuif, tyd en plek gemaak vir dinge wat ek maande en jare laas gedoen het. Sommer ook iets nuuts by geleer ook. Die breuk was goed vir my, en uiteindelik het blogging weer my lys begin haal van dinge wat ek geniet om te doen…

Die skool vakansies is amper op ons, en die groot hitte is besig om n wurgende greep om my keel te vorm. Vanoggend was een van die eerste oggende die jaar wat ek opgestaan het, en gevoel het hoe die humiditeit my longe plat druk. Hoe die aircon wat op 20 gestel is, nie die verligting bring wat ek voor hoop nie.  Omdraai en verder slaap issi eers n opsie nie. Opstaan en met die dag begin ook nie regtig nie. Jy wil net stil le, wil nie he jou liggaam moet besef die slaap termometertjie moet opskuif nie. Tot jy die wekker beloer en sien uitstel het jou ingehaal en jy moet jouself uit die bed uit kry, en so stadig moontlik die trappe afseil ondertoe en broodjies pak…

My nuutste projek is platejoggie speel. Ek geniet dit, maar voel noggi helemal so gemaklik soos ek dink ek met die tyd sal wees nie. Ek moet twee keer dink voor ek praat. Sommige dae speel ek net lekker musiek, en ander dae doen ek die tema ding, waar ek probeer dat al die liedjies pas by die tema.  Soos net n vrou kan, multitask ek soms so erg die kant, dat tot ek verstom terug staan om te kyk wat alles gebeur. My hande vat en doen dinge, en die oe kyk net wat gebeur. Is daai tipe ding soos om te tik sonder om op die keyboard te kyk. Die eerste ruk voel mens stomgeslaan dat jy dit regtig kan doen, maar met die tyd is dit net uhmmm ok…

Die nuwe aanvulling tot die familie is oppad, en stadig tel ons die dae af. 22 Dae om te gaan…

 


My nukke

Februarie 16, 2008

angry.jpg

Ek is getag deur Jo-Ann. Gewoonlik is ek rustig, so live and let live persoon. As dinge mense om my nie raak of kan benadeel nie, dan los ek dit.Tot daai een mishap. Daai klein ongevraagde kriewelring te veel raak. Dan bars die bom. In geen spesifieke volgorde nie, hier is die top 10:

♣ As ek wil rook, en my lighter het spoorloos verdwyn. Ek los my liggie langs my kankerstokpakkie, of gooi die twee net so los in n handsak en skedadel. So as die pakkie dan daar is, hoe is die vlammetjie dan MIA?

♣ Die oomblik wat my telefoon lui, ek antwoord terwyl ek nog snoesig slaap, en iemand sê hulle sal later weer terug bel. Jy het my nou reeds wakker gebel, so praat jou praat of moan jou moan. Doen eerder nou jou bes om my ‘n ordentlike gesprek te voer nou.

♣ Elke ma kan met die een assosieer. Ma was ‘n hemp, hang hom op, ure later stryk jy hom en hang hom in die klerekas vir die volgende keer se aantrek. Tot jou stomme verbasing gewaar jy die hemp n rukkie later sonder kreukel in die wasgoedmandjie. Boeta het besluit die hemp moet gewas word, want 7 maande terug se deurgewaste onmoontlik – om – uit – te – kry verfkwas streep sit nog op die mou!

♣ Terwyl ek haastig in ‘n oorvol winkel rondhardloop om so gou moontlik die groceries gekoop te kry, besef ek skielik hubby of boeta is gone. Op daai oomblik sê ek shit, en ruil die rakke-kyk vir mense-soek. Tot ek jou kry worry ek, maar as ek jou kry, dan is dit jou beurt om te worry!

♣ Ek kan slange vang as ek besig is met ‘n skype call, en my pc vries. Die free oproepe is nog ok, dan skuif ek oor na n ander rekenaar en praat verder. Dis die oproepe waarvoor ek betaal wat my kwaad maak, want dan moet ek spring en ‘n forced shut-down doen, want die geld loop nog op die ander rekenaar af! En ek dog tegnologie maak die lewe makliker!!!

♣ Ongeletterde mense wat ‘n telefoon beman! Ek wen myself so op, ek kan deur n gehoorstuk klim en jou kom verwurg. Deesdae smeek ek die mense om my asseblief nie op hold te sit nie, want ek WEET ek gaan WEER afgesny word na ek 2 minute op hold gesit is. Doen jou werk en doen dit reg, dit kos nie n scientist se logika om ‘n telefoon te werk nie.

♣ ‘n Rustige aand uit in ‘n restaurant, yeah right! Gewoonlik eindig ons op met n kelner wat nie die bestelling reg “onthou” nie, want einstein het dit nie nodig geag om dit neer te skryf nie. Die hele ete deur sien jy die kelner nie, want jou kos het jy mos gekry. As jy hom wel sien, is hy ongeskik en kortaf. Skielik wanneer dit tyd word vir rekening betaal, smile Gertjie ohhh sooooo breed, half oorvriendelik. Hoe lui die spreekwoord: Wie laaste lag, lag die lekkerste…

♣ Moenie vir my se jy kon nie soos al die ander ordentlik in n ry staan en wag by n afrit nie. Miskien is dit beter as ek nie my lisensie kry nie, want ek sal jou not n dinges kans gee as jy voor my probeer indruk nie. Waag my net stamp…

♣ Leuenaars. Need I say more…

♣ ‘n Dronk persoon. Dan is jy mos nou sterk, slim, sommer doof en sexy gedrink ook. Enige persoon wat te veel drink en nie perke ken nie, is my g@t se deksel.

Ek tag vir :

Hexi

Cobus 

Sterfling


Moeder Natuur Dans In Die Woestyn!!!

Februarie 4, 2008

Lights! Camera! Action. Soos gewoonlik mis ek nou weer alles jong. Amper 24 uur later, lees ek eers van die groot dans wat skaars ‘n uur van my gedoen is. Nee nee, nie ‘n lekker langarm nie. Die dans vir veiligheid. Die dans van moedernatuur wat haar voetjies so hard stamp, dat geboue in mekaar tuimel, ‘n dans wat grond uit mekaar uit skeur. Jip, you guessed it. ‘n Aardbewing. Hier. Inni woestyn. 4 Van hulle.

Nou is my kop in over-drive. Waar ek vandaan kom, is ons net gewoond aan dans as jy koeëls naby jou hoor afgaan. Kyk dan twist jy lekker! Hier sit ek, ver van die “huis” af, en nou wonder ek. Wat de dinges doen jy as jy voel die grond onder jou verander in ‘n vibrator? As jy sien jou mure val jou aan, en die aarde maak orals sulke skrefies mondjies oop wat jou kan insluk? Op tv (flieks) hardloop die mense en gaan staan onder ‘n deur kosyn. Skielik dink ek, was dit regtig vir ‘n aardbewing, of was dit nou vir iets anders waaarvoor moedernatuur haar gewip het. Dan tref dit jou, jy is so oningelig soos kan kom…

As jy bly in ‘n 2x verdieping plek, en orals om jou toring die half-half huise bokant jou uit (helfte onder, ander helfte bo), waarheen hardloop jy? Waar duck en dive jy die décor wat jy gekies het, maar wat nou wys hulle like jou nie 😮

Is jy net so oningelig soos ek? Sal jy ook wonder wat nou as jy skielik besef jy moet reageer, of ken jy reeds al die antwoorde op elke moontlike ramp? *Sug*


The “I” is back…

Januarie 27, 2008

RIP

Op 24 Januarie, presies 22:40 by my, kry ek dié nuus. “Ek het slegte nuus. Oupa Koos is vanmiddag oorlede“. Eerste woorde wat ek sien ek terug getik het is Shit. Net dit, 1 woord. Kort, kragtig, maar weet jy, dis betekenisloos. My verbase verstomheid wat my in daai paar sekondes oorweldig het, is nie deurgegee nie. Dit wys net skok, en die terugruk na die hede. Jou brein wat gaan stilstaan en die ander honderde dinge wat deur jou kop spring, verdwyn soos mis voor die son. Jy probeer dink. Jy probeer in fractions van sekondes gou ‘n beeld terug roep van ‘n gesig, ‘n laaste oomblik saam, enige iets. Na alles dink ek toe eers aan die How? Ons wag nog om te hoor, maar dit klink of dit sag en rustig kon wees.Oupa was n bokser in sy jonger dae. Die foto in dad se studeerkamer is bewyse van die fris kerel se beste jare. Na al die miljoene se nulle minder geword het, het oupa rustiger geraak. ‘n Baie op sy eie mens, maar uit eie keuse. As dad ‘n projek aangepak het, dan was oupa daar om beter (lol) te weet. Dad het nooit sy cool verloor nie, nie voor oupa nie, net ‘n smoke break gevat en later as oupa ‘n draaitjie gaan loop weer terug gegaan en verder probeer. Oupa het elke dag winkel toe geloop, in sy eie wêreld geleef en sy eie ding gedoen. 9 uit 10 van die kere sou jy hom eers hoor, en dan sien. Hy was lief vir fluit, en..wel…ons was nie altyd lus daarvoor nie. Ek het die stille natuurlike geluide verkies, en nou, nou gaan ek nooit weer daai gefluit hoor nie. Dis weg. Oupa se stemmetjie is stil, en oupa se plekkie is leeg. Ek gaan die diens nie kan bywoon nie, daaroor voel ek sleg, maar oupa sal verstaan. Rus sag Oupa.

Na 2008 met ‘n groot BANG afgeskop het, het ek mense uit my lewe probeer sluit. Mense wat ek nou sien, net ‘n invloed op my lewe sal he as ek dit toelaat.

Toe daai sekonde wyser die eerste keer slaan in 2008, het dinge begin uitkom wat dae, weke, maande en jare lank onder ‘n mat ingevee is. Lyk my die 8 wat daarmee gepaard gaan, is die rede en sonnebok vir die dinge. na bietjie surfing sien ek dis ook een van die getalle wat glo geluk bring, prosperity. Let bietjie op, die 8 wys n volle, complete getal. Daar is nie n begin of n einde aan die nommer nie, nes met die 0, maar ek dink die 8 is ‘n baie scarier getal as die 0 as ek sien wat alles al gebeur het in die 27 dae wat ons in die jaar is.

‘n Janine laat val n bom op ‘n celeb, in die Rapport. Steve se private lewe skielik groot nuus. Nadine en Paula se name word ook genoem. Die koerante copy en paste Steve se blog net so, te lui om hul eie nuus te soek, skryf en proeflees. Daar is die een Steve sê-ding nou so waar, “As ek wil weet wat in my eie lewe gebeur, dan lees ek ook die koerant en Huisgenoot”. Janine se storie glo ek nie is alles feite nie, maar so gestel dat mens jou eie afleidings moet maak. Mens is geneig om te glo wat jy wil glo. Al moet jy op hol gaan met n storie. Anyway…die sage gaan aan.