Nuwe beginne….

Januarie 14, 2009

Gisteraand is ek weer oor die vingers getik oor ek blogging so gruwelik afgeskeep het die afgelope paar maande (mind you, is al amper n jaar se afskeep as ek sien hoeveel posts regtig gedoen is). Ek is terug…alweer…in al my glorie.

(Nou hier is waar jy begin neurie….Here I am. This is me. There’s nowhere else on earth I’ll rather be… 😉 ) 

footprintSoos menigte ander is ek so bly ’08 is iets van die verlede, en dat ’09 hier ingewals het. ‘n Jaar is agter die blad wat ekke nie wil oor he nie. ‘n Handjie vol pragtige bome is uit ons familie se tuin gepluk, en n pienk rosie het hul plek kom inneem. Maak nie saak hoeveel keer mens vir jouself  se kyk na die groter prentjie nie, daai eina trap ‘n diep spoor op die taaiste hart.

Soos die jaar end se kant toe gestaan het, het ek gekrap in my skatkis, en n paar kennisse afgestof en ‘n diamant of twee ontdek tussen die juwele wat reeds bymekaar gemaak is oor die jare heen.  Iets wat my gewoonlik opval met sulke soek en krap sessies, is hoe die tyd aanstap. Die tempo waarteen die dae begin en eindig. Die dae wat voel asof dit elke dag met 5 minute korter raak. Die jaar wat voel asof hy ten minste 3 maande somewhere geskip het terwyl jy naarstigtelik rondgedraf het op soek na maniere om oorlewing gemakliker te maak. Tyd hou altyd soveel beloftes in….maar dit ontneem ons van soveel dinge. As iets moet gebeur, wens ons tyd wil verby vlieg. As dit vlieg soek ons dit weer.  

Terwyl ek nog tyd het, terwyl my uurglas nog sand in het wil ek n verskil maak iewers. ‘n Nuwe hoofstuk kan nie begin voor n ander een nie afgesluit is nie. Ek hoop jy het toe jy die post begin lees het, play gedruk en die liedjie geluister. Indien nie, doen dit asb nou 😉

Iewers in my kwart eeu se bestaan weet ek dat mense te na gekom is. Mense is seergemaak. Daar was dae wat ek mense na aan my teleur gestel het ook. Soms ook myself. Ek het beloftes gemaak, en dit nie gehou nie. Nie almal was in my beheer nie, maar jou hart was. Jy het seergekry en het ongelukkig gevoel deur die dinge.

Ek gaan nie sit en vir elkeen vandag n brief skryf nie. Dit sou seker meer impak gehad het, maar ek verkies om die tyd wat ek spaar met al daai briefies skryf te gebruik en te bou op ons toekoms en die herinneringe wat gemaak moet word 😉 Vir n paar sou dit seker meer beteken het en meer realisties gevoel het, maar dit kom uit die diepte van my hart uit. Met die een sin hoop ek om jou te kan oortuig.

Ek is opreg jammer

….en nou kan die nuwe begin…..begin

*hugz*


Besig, besig, besig…

Junie 3, 2008

My groot onbeplande verloffie is op n end, en ek is terug. Ek het my prioriteite bietjie geskuif, tyd en plek gemaak vir dinge wat ek maande en jare laas gedoen het. Sommer ook iets nuuts by geleer ook. Die breuk was goed vir my, en uiteindelik het blogging weer my lys begin haal van dinge wat ek geniet om te doen…

Die skool vakansies is amper op ons, en die groot hitte is besig om n wurgende greep om my keel te vorm. Vanoggend was een van die eerste oggende die jaar wat ek opgestaan het, en gevoel het hoe die humiditeit my longe plat druk. Hoe die aircon wat op 20 gestel is, nie die verligting bring wat ek voor hoop nie.  Omdraai en verder slaap issi eers n opsie nie. Opstaan en met die dag begin ook nie regtig nie. Jy wil net stil le, wil nie he jou liggaam moet besef die slaap termometertjie moet opskuif nie. Tot jy die wekker beloer en sien uitstel het jou ingehaal en jy moet jouself uit die bed uit kry, en so stadig moontlik die trappe afseil ondertoe en broodjies pak…

My nuutste projek is platejoggie speel. Ek geniet dit, maar voel noggi helemal so gemaklik soos ek dink ek met die tyd sal wees nie. Ek moet twee keer dink voor ek praat. Sommige dae speel ek net lekker musiek, en ander dae doen ek die tema ding, waar ek probeer dat al die liedjies pas by die tema.  Soos net n vrou kan, multitask ek soms so erg die kant, dat tot ek verstom terug staan om te kyk wat alles gebeur. My hande vat en doen dinge, en die oe kyk net wat gebeur. Is daai tipe ding soos om te tik sonder om op die keyboard te kyk. Die eerste ruk voel mens stomgeslaan dat jy dit regtig kan doen, maar met die tyd is dit net uhmmm ok…

Die nuwe aanvulling tot die familie is oppad, en stadig tel ons die dae af. 22 Dae om te gaan…

 


Moeder Natuur Dans In Die Woestyn!!!

Februarie 4, 2008

Lights! Camera! Action. Soos gewoonlik mis ek nou weer alles jong. Amper 24 uur later, lees ek eers van die groot dans wat skaars ‘n uur van my gedoen is. Nee nee, nie ‘n lekker langarm nie. Die dans vir veiligheid. Die dans van moedernatuur wat haar voetjies so hard stamp, dat geboue in mekaar tuimel, ‘n dans wat grond uit mekaar uit skeur. Jip, you guessed it. ‘n Aardbewing. Hier. Inni woestyn. 4 Van hulle.

Nou is my kop in over-drive. Waar ek vandaan kom, is ons net gewoond aan dans as jy koeëls naby jou hoor afgaan. Kyk dan twist jy lekker! Hier sit ek, ver van die “huis” af, en nou wonder ek. Wat de dinges doen jy as jy voel die grond onder jou verander in ‘n vibrator? As jy sien jou mure val jou aan, en die aarde maak orals sulke skrefies mondjies oop wat jou kan insluk? Op tv (flieks) hardloop die mense en gaan staan onder ‘n deur kosyn. Skielik dink ek, was dit regtig vir ‘n aardbewing, of was dit nou vir iets anders waaarvoor moedernatuur haar gewip het. Dan tref dit jou, jy is so oningelig soos kan kom…

As jy bly in ‘n 2x verdieping plek, en orals om jou toring die half-half huise bokant jou uit (helfte onder, ander helfte bo), waarheen hardloop jy? Waar duck en dive jy die décor wat jy gekies het, maar wat nou wys hulle like jou nie 😮

Is jy net so oningelig soos ek? Sal jy ook wonder wat nou as jy skielik besef jy moet reageer, of ken jy reeds al die antwoorde op elke moontlike ramp? *Sug*


And so the wait is ova…

Desember 5, 2007

Die lang wag is verby. My trouring. Is dit nie oog-seermaak mooi nie?

 

My eie design J

Dit was die drie jaar se wag deur en deur die moeite werd. Dankie my engel-man…

 


Tagged

November 28, 2007


Anja het my getag gistermiddag, wat beteken ek moet nou 8 interessante feite oor myself gee, dinge hier noem wat julle dalk nie geweet het nie. Mmmm

  1. Ek was 17 toe ek uit die huis uit is en saam die liefde van my lewe gaan bly het. So saam saam het ons besluit om vroeg kinders te he en die lewe saam hulle dan te geniet en nooit soos hule ouma of oupa lyk langs ‘n sportveld of opvoering nie.
  2. Slaap haat ek met ‘n passie, en kan middernag huis skoonmaakk, scrabble speel tot die son opkom, enige iets net om seker te maak ek mors nie tyd om net te gaan staan en droom nie, ek gebruik eerder daai paar uur en doen daai dinge. Nou weet ek ten minste as ek oud is hoekom ek nie ‘n sexy oumatjie sal wees nie 😉
  3. Skoene, make-up en geld uitgee is nie een van my passies in die lewe nie. EK het 3 pare skoene in my kas, waarvan 2 tekkies is. Make-up het ek baie van, maar kan dit net nie so dik opplak dat dit die heel dag op bly nie, en lyk dan ‘n paar uur die dag in dieselle as voor die mooimaak en pleister sessie
  4. Ek is 24/7 in my kouse. Net wanneer ek gaan stort is my toontjies oop. My tone sal jy nie sommer sien nie. Die dag wanneer ek nie my kouse aan het nie, moet jy weet iewers is groot fout. Op ‘n goed verstrooide dag sal jy my selfs in die winkel kry so, skoene skoon vergete iewers in my kas…
  5. Die dinge wat ek die meeste mis hier in die buiteland, is Simba se Mexican chilli chips, Cheese grillers van Checkers, Cross & Blackwell Mayo, Clover se melk, Crème Soda, die Drakensberge en die onverwagte laat middag in die kar klim en 600km’s ver ry om gou vir die familie te gaan kuier en more terug te ry.
  6. Glo dit of nie, maar dis absoluut onmoontlik vir my om push-up’s te doen. Nie eers een nie. Aikona. Ek kan afgaan, maar nie eers met ‘n hyskraan se hulp sal jy my weer opkry nie. Die onnies inni skool het jare terug al opgegee en gesien daar is net nie hoop vir my nie.
  7. Ek kan ure lank rondloop in ‘n winkel sonder om ‘n sent uit te gee. Daar is baie dinge wat ek sien in winkel vensters wat ek dink nice sal wees om te he, maar as ek dink dat ek dit nie gaan gebruik nie dan loop ek verby. As ek iets wel wil he, ek kan dink waarvoor ek dit wil gebruik en die price tag laat my vir ‘n sekonde of twee snak na asem, dan loop ek maar verby. Ek dink ek is enige man se droom shopping vrou.
  8. Die eerste kompetisie wat ek gewen het ooit was as 6 jarige dogtertjie. Ek het ‘n vuurhoutjie ver genoeg gespoeg om ‘n paar groot pakke chips te wen by die Niknaks mannetjie daai dag. EK en my niggies het alles gaan opeet in die boomhuis daai selfde middag nog.

 

Ek doen hiermee my deel en tag vir BB, Defender, Meneer en Koeksuster.

😉


The circle of dust…

November 8, 2007

Roetine, die daaglikse dinge oor en oor, van jy opstaan tot jy uitgeput, emosioneel en verstandelik neerval, op jou bed en jou oë net wil toemaak. Net wil vergeet van wat alles vandag met jou gebeur het. Dit help nie om die dag om te wens nie, want as jy mooi dink sien jy more gebeur presies dieselfde dinge waarvan jy bly is jy vir die dag mee klaar is…

Ons staan op, trek aan en gaan spandeer die meeste van die dag saam mense waarvan ons wil wegkom, net om by die huis te kom en nie jou familie kan geniet en waardeer nie. Sien jy nie, die is die mense wat jy self gekies het om jou lewe te wees. Jou kinders en jou eggenoot is mense wat jy in jou lewe wou he en nou sien jy hulle skaars. Sê jy nie ook altyd “Mens kannie mens se familie kies nie, maar jy kan jou vriende kies”. Jy is verkeerd. Jy het jou ega aanvaar daai dag van “Yes, I do…”, so jy het ‘n keuse gemaak om saam daai person te wees. Saam het die twee van julle pienkvoet vir pienkvoet gemaak en die lewe ingehelp. Daai was ‘n keuse wat jy gemaak het, jy wou daai kiddies he. Issit nou nogsteeds waar dat jy nie jou familie kan kies nie? Jy het jou vrou / man gekies? Die kinders was in ‘n toegedraaide pakkie, die inhoud is parte wat jy met die jare aanmekaar sit, en as jy nie happy is met die eindproduk nie, issit jou problem. Dan issit jy wat aangejaag het met die “afronding”!

Hoekom doen ons die dinge aan ons self? Ons leef ‘n lewe waar ons dinge najaag, net om om te draai en volspoed weg te hardloop, die teenoorgestelde rigting in. Nou wat nou? Daai dinge wat jy nagejaag het lyk nie meer so great nie, doen dit? Van tieners met rooskleurige toekomsdrome verval ons in ‘n groef en verander in ‘n robot met ‘n humeur wat ‘n leeu se maanhare laat regop staan. Get up people, ons is besig om alles en almal wat saak maak weg te stoot en drome na te jaag wat op die einde van die dag in ‘n nagmerrie ontaard.