Goo-goo…Ga-ga…

Desember 13, 2007

Wanneer word mens regtig groot? Is daar ‘n spesifieke dag soos ‘n verjaarsdag wat jy moet hê om te kan sê jy het jou kinderagtigheid laat staan en is nou mooi groot? Is dit dan die dag wat jy met hoërskool begin? Die dag wat jy nie meer ‘n maagd is nie? Op jou 21ste verjaarsdag? Die dag wanneer jy trou? Nope, ek dink nie so nie. Soms gooi grootmense wat reeds kinders het, tantrums van 6 jariges, ‘n vloermoer om hul ongelukkigheid te wys oor hulle nie hul sin kan kry in die lewe nie.

Wat maak mens met mense wat so redeneer? Koop jy vir hulle ‘n doek en ‘n dummy en jy hoop hulle besef wat jy se en kom by in die lewe, of lag jy maar in jou mou oor die vertraagheid? Die doek en dummy koop idée gaan nie werk nie, want al wat jy bereik is om neer te daal tot op hul vlak. Klink seker nie so bad nie, maar dit is. Jy gaan tweede kom, want hulle beat jou met experience. Daai mense is so vasgevang in hul eie lewens en wil so graag he dat hulle moet uitstaan, dat hulle bereid is om tot extremes te gaan om hul punt te bewys, al moet hulle ander seermaak. Vir sulke mense bestaan daar gewoonlik net een person, en dis hy / sy self, en die mense om hulle, is hul ondergeskiktes. Jy is nie eers in hul liga nie, nie naastenby eers naby aan kwalifiseer in rondte een nie…

Sulke mense koop gewoonlik die beste en die duurste, net om seker te maak hulle het beter as ander. In hul geselskap voel jy uit, asof jy regtig nie eers daar hoort nie. Op die oog af lyk dit asof jy met ope arms verwelkom word, maar dis net oogverblindery. ‘n Skans wat voorgehou word. As jy iets koop, kry, behaal, dan het hulle reeds beter. As jy iets nuuts sien, dan het hulle dit jare terug al gesien en reeds probeer of gekoop ook. Dis mense vir wie jy nooit iets kan sê wat hulle nie reeds weet nie. Dis jou perfekte mens, die enigste in sy soort op aarde. By hulle is dit altyd ‘n “Been there, done that, got the papers”…

Kan mens jouself so belangrik en hooggeplaas ag dat hoor en sien om jou vergaan? Kan jy self-behep wees dat jy glo as jy gaan sit die son sal verdwyn? JA! JA! JA! Kinderagtige grootmense is dun en min gesaai, maar hulle is daar en dryf almal van hulle af weg, om eendag skielik te besef hulle is alleen. Almal om hom / haar het iets bereik in die lewe, en hulle sit in sak en as oor hulle lewens verby is en hulle regtig nie veel bereik het nie, behalwe as jy eensaamheid sien as ‘n oorwinnig, ‘n slegte reputasie sien as iets fantasties en dink die wêreld draai om jou.

Ek stel solank die wekker en hoop jou oë gaan betyds oop, voor jy alles verloor wat jy dink jy het. Realiteit gaan ‘n harde terugkoms aarde toe wees…